Erger as donkerpers
CHARMY SKRYF:
Kyk, April verlede jaar ontmoet ek toe die aantreklike man en ons het onmiddellik by mekaar begin kuier.
Na so ’n paar maande besluit ons om te trou, op 1 Augustus 2020, gelukkig voor die inperkings weer strenger gemaak is.
Ons wou ’n kleinerige troue gehad het, aangesien ons mos al groterige mense is, saam met die kinders, maar soos almal weet laat familie dit nie sommer toe nie. Ons beplan 'n “sprokiestroue” binne drie weke; alles kontant.
Ons besluit op 'n kleurskema - pruim ("plum" in Engels of dan 'n ligter pers). ’n Warm kleur, want die winter is nog nie verby nie. Koop die trourok en skoene en hele katoetie. Alles loop volgens plan. Of so dink ek...
By die troukerk besluit my kleingom sy spinternuwe skoene druk, dit moet uit, en daar sit hy kaalvoet met ’n pak en onderbaadjie.
Die enigste pluimkleur in my troufoto’s was die strooimeisies se rokke.
Na die foto’s, wat amper ’n flop was, want die fotograaf was skielik te skaam om te neem, is ons onthaal toe, maar die pragtig opgemaakte saal is in elke skakering van pers behalwe pluim getooi.
Toe ek die koek sien, wou ek op my rug val. Vreeslike donkerpers, met lelike donkerpers blomme, ingedruk in ’n hoekie nadat my broer se dogtertjie daarmee probeer speel het.
Geen “glitter”, geen ander kleur om die vreeslike pers te breek nie, net pers!
Die DJ word uitgeroep in die middel van die onthaal (ek weet nou nog nie waarheen nie) en stel ’n skolier in sy plek aan. Ons het mos maar almal 'n voorkeur as dit by ons musieksmaak kom, maar 'n oorverdowende verwelkoming met Brenda Fassie se “Wedding Day” is nie juis ons nie.
Ek glo die gaste kon my skok en teleurstelling sien. Dit verskil darem vreeslik met “I Found Love in You”.
Ek moes dadelik na die kroeg om my senuwees te staal. Daar gekom, is die opsigter van die saal al lekker dronk.
Later is al die pragtige toesprake gedoen en die kos word bedien, maar net toe mense begin eet, bars die toilet se pyp en dis dreinwater oral. Die dekoreerder probeer red wat te redde is en ek is bitter kwaad.
Ek gryp my vreeslike wit, lang trourok, druk dit in my broekie en stap na die eienaar. Die arme mens is so verslae sy wil sommer wegry.
My broers en swaer probeer hul bes, want my “sprokiestroue” ruik die ene drein. Die arme DJ se onvanpaste musiek kon darem die aandag 'n bietjie aflei.
Om nege-uur die aand besluit die opsigter my gaste moet huis toe; dis nou genoeg. Dalk wou hy 'n bietjie gaan tiep, maar niemand vat hom nie kop toe nie.
Hy dank sommer onmiddellik ook die kombuispersoneel af, wat nog skoonmaak.
Intussen het die DJ geleer hoe die storie werk en hy maak uiteindelik darem ’n sukses van die aand.
Die volgende oggend moes ek en skoonsus maar tussen die dreinwaters deur die vuil skottelgoed en ander oorblyfels gaan kry.
Ek het nooit weer die DJ, die bakster of opsigter gesien nie, maar het hulle vergewe, want ses maande later praat mense nog steeds oor my troue.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie