’Ergste bosbrande in menseheugenis‘
Bosbrande is niks nuuts vir Australiërs nie, maar die seisoen is 'n nagmerrie wat nie einde wil kry nie.
Yandi du Plessis en Lloyd Zandberg
Australië wat tans gebuk gaan onder die ergste bosbrande nog se gemiddelde temperatuur het die afgelope vier maande rekordhoogtes bereik.
Die Australiese weerburo het onlangs in ’n verklaring gesê die land se gemiddelde temperatuur vir die huidige somerseisoen het met 2,09 °C gestyg.
Die vorige hoogste gemiddelde somertemperatuur is in 2013 met 1,59 °C oorskry.
Volgens die weerburo is die temperatuurstyging reeds bo die vlak van 1,5 °C, wat deur wetenskaplikes as ’n drempel gestel word om gevaarlike klimaatsverandering te voorkom.
Temperature in Australië was die hoogste sedert rekord vanaf 2013 daarvan begin hou is.
Die weerburo skryf die styging aan antropogeniese (mensgeskepte) klimaatsverandering toe.
Verlede jaar was ook die droogste jaar op rekord vir dié land en vasteland.
Die gemiddelde reënval was 277,6 mm, terwyl Australië se gemiddelde reënval gewoonlik 465,2 mm is.
Rekordhouding oor Australië se reënvalsyfers het in 1900 begin.
“’n Baie sterk positiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) het die belangrikste invloed op Australië se klimaat gehad en het gelei tot baie lae reënval oor die vasteland heen.”
Prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe by Akademia in Suid-Afrika, sê ’n positiewe IOD beteken dat die oseaan by Australië (aan die weskus) baie koud is en reënval onderdruk.
Volgens die weerburo het die grootste deel van Australië die nuwe jaar met ’n “ernstige reënvaltekort” binnegegaan. Die droogte het al in Januarie verlede jaar begin.
Warm, winderige toestande oor Queensland en Nieu-Suid-Wallis (NSW) het ernstige “vuurweer” meegebring. Bosbrande het in September oor die oostelike dele van Australië vlamgevat en baie woude brand steeds.
Die toestand het ’n omvangryke invloed op mens én dier.
Die Koninklike Australiese en Nieu-Seelandse Kollege van Psigiaters het in ’n verklaring gesê hy is bekommerd oor gemeenskappe wat deur die vernietigende bosbrande geraak is.
“Gemeenskappe, veral dié in NSW, Victoria en dele van Wes-Australië, Tasmanië en gebiede rondom Canberra, ervaar ongekende tye,” lui die verklaring.
Psigiaters en sielkundiges van die kollege is gereed om mense te help om die trauma te verwerk.
“Ons erken dié verskriklike gebeure word regstreeks verbind met die wêreldwye klimaatnoodtoestand en sal voortgaan om met ander saam te werk wat geraak word, nié net deur bosbrande nie, maar ook in tye van vloede, droogtes en siklone.”
Dokters vir die Omgewing (DFE) in Australië het Anthony Albanese, leier van die Arbeiderparty in dié land, geloof nadat hy verklaar het die bosbrande het ’n nasionale openbare gesondheidskrisis veroorsaak en dringende stappe moet gedoen word.
Albanese het in ’n verklaring wat op DFE se Twitter-blad gedeel is, gesê slagoffers van die bosbrande het dringend psigiatriese en mediese hulp nodig.
Hy het die Australiese regering gevra om algemene praktisyns by te staan sodat hulle slagoffers van die bosbrande kan help.
“Wetenskaplikes het ons jare gelede al gewaarsku dat klimaatsverandering die omvang en erns van bosbrande in Australië gaan laat toeneem.
Ongelukkig het die regering geen ag daarop geslaan nie. Ons vra weer dat klimaatsverandering en gesondheid deel word van die regering se nasionale gesondheidsdepartement.”
Vets for Compassion in Australië het onlangs getwiet hulle het dwarsdeur die nag vars bloekomblare aan verbrande bome gebind en bakke met water uitgesit in ’n poging om beseerde koalas te lok. Bloekomblare is koalas se stapelvoedsel.
KOP BO WATER
Die brande het duidelike sielkundige letsels gelaat.
’n Fonds is intussen op die been gebring om Australiërs wat weens die bosbrande aan post-traumatiese stres ly, te help om dié omgewingsramp te verwerk.
Scott Morrison, Australiese premier, het op Twitter gesê die “verskriklike brande het ’n traumatiese emosionele uitwerking” op die land se mense.
Hy het aangekondig sy regering het A$76 miljoen (sowat R753 miljoen) opsygesit om mense wat deur die bosbrande geraak is, met emosionele hulp en raad by te staan.
Die brandbestryders, noodpersoneel en ander wat deur die omgewingsramp geraak is, sal voorkeur kry wanneer hulle om hulp aanklop.
“Die geld sal gebruik word om gratis sielkundige en psigiatriese berading te lewer.”
“Beradingsdienste sal persoonlik of telefonies gelewer word,” het Morrison gesê.
Hy het veral jong Australiërs én mense wat alles in die brande verloor het, aangemoedig om van die diens gebruik te maak.
“Ons sal voortgaan om als in ons vermoë te doen om Australiërs te help wat deur die trauma geraak is. Ons sal ook help om gemeenskappe weer op te bou.”
Morrison het luidens ’n verklaring op Twitter gesê: “Die omvang van die brande is ongeëwenaard.”
Dit is die grootste en ergste brande wat Australië in menseheugenis getref het. Hy het daarop gewys dat sowel die gebied wat geraak is, as die duur van die brande ongekend is in Australië se geskiedenis.
“Die brande het tragiese lewensverlies tot gevolg gehad. Mense is daardeur beseer en ons landskap is geskend. Maar soos wat ek ook op grondvlak gesien het, het die brande ’n ernstige emosionele en traumatiese letsel op baie mense gelaat.
“Ons moet sorg dat ons mense sielkundige hulp kry en ondersteun word.”
Volgens Morrison is die sielkundige en psigiatriese hulp wat die regering sy mense gaan gee, ongekend in die geskiedenis van Australië.
Greg Hunt, die land se minister van gesondheid, het gesê die fonds is deel van die regering se “omvattende reaksie” op die bosbrande.
Hy het mense gevra om na die regering uit te reik en van die dienste gebruik te maak.
Stuart Robert, minister van regeringsdienste, het dit as ’n “heel nuwe en buitengewone diens” beskryf wat nog nooit in die geskiedenis van die land aangebied is nie.
Die psigiatriese en sielkundige dienste begin einde vandeesweek en sal vir die volgende twee jaar volgehou word, het Robert gesê.
Die regering gaan ook A$1 miljoen (R9,9 miljoen) bewillig vir die opleiding van personeel om professionele beraders, sielkundiges en psigiaters by te staan. ’n Grootskeepse koördineringsplan vir dié sielkundige dienste sal vandeesweek saamgestel word, het Stuart gesê.
Dr. Diane Ross-Glazer, ’n Amerikaanse psigoterapeut, het einde verlede week aan Time gesê mense wat deur omgewingstrauma gaan, soos diegene in Australië, treur nie net oor die besittings wat hulle verloor het nie. “Hulle treur oor hul land.”
The American Psychological Association het aan die tydskrif gesê natuurrampe soos dié in Australië kan daartoe lei dat mense wat direk en indirek geraak word, aan langdurige stres, gemoedsversteurings, hartseer, depressie en angs ly.
Dit kan ook ’n negatiewe invloed op menslike verhoudings hê, het die nuustydskrif berig.
27 mense is sedert September in die bosbrande dood, 1,25 miljard wilde diere het doodgebrand en 10,3 miljoen hektaar grondgebied is verwoes. 2 500 geboue, waaronder 1 300 huise, is deur die brande in puin gelê.
- Nampa/Reuters/Netwerk24
KASSIE
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Die Australiese Ope word ook intussen beïnvloed. Beamptes het Dinsdag onder kritiek deurgeloop nadat hulle kwalifiserende wedstryde vir die jaar se eerste Grand Slam-tennistoernooi laat voortgaan het, al het ’n dik rookwolk weens die verwoestende veldbrande in die suidooste van dié land oor Melbourne gehang.
In een van die wedstryde het ’n verskriklike hoesbui, wat deur die rokerige lug veroorsaak is, die Sloween Dalila Jakupovic genoodsaak om die handdoek in te gooi.
Dit het ná sowat twee ure se spel in haar kragmeting met die Switser Stefanie Vögele gebeur.
Jakupovic het agterna gesê die toestande was nie geskik vir die wedstryde om voort te gaan nie.
“Dis onregverdig, want ons gesondheid is negatief deur die toestande geraak. Ek was verbaas dat ons aangesê is om te speel, maar ons het nie ’n keuse gehad nie. As ons geweier het om te speel, sou hulle ons miskien beboet het. Maar daar was tyd, hulle kon gewag het om te sien of die toestande môre beter is,” het Jakupovic luidens ’n berig op die Australiese webwerf news.com.au gesê.
“Dit was baie erg. Ek het nog nooit so iets ervaar nie en was bang dat ek sou omkap. Dis hoekom ek op die grond gaan sit het, want ek kon nie meer loop nie. Op die grond kon ek makliker asem kry.”
Jakupovic was nie die enigste speler wat gesukkel het in die rokerige toestande nie. Terwyl sy behandeling ontvang het, het die Kanadese speler Eugenie Bouchard ook ’n dokter na die baan ontbied.
“Ek het gesukkel om asem te haal en het naar begin voel,” het Bouchard agterna gesê.
Haar Chinese teenstander, Xiaodi You, het in die derde en beslissende stel net so swaar gekry en later selfs onderarm afgeslaan. Bouchard het uiteindelik met 4-6, 7-6, 6-1 gewen.
Intussen het die toernooi-direkteur, mnr. Craig Tiley, die spelers probeer gerus stel en gesê hulle “raadpleeg die voorste kenners.”
Hy het die spelers gevra om hom te vertrou.
“Ek en my span neem besluite op grond van raad van die voorste mediese kenners. Ons gaan niemand se gesondheid of welstand in gevaar stel nie. Ons het ’n bewese rekord as dit kom by buitensporige hitte. Ons weet hoe om dit te hanteer.”
Tiley het egter erken die huidige situasie is ’n nuwe een vir almal.
“Ons moet staat maak op kenners wat die luggehalte betref,” het hy gesê.
Australië het Woensdag laer temperature ervaar en wydverspreide reën het geval.
Later in die dag, tydens ’n kwalifiserende wedstryd tussen Jay Clarke en Blaz Kavcic, het ’n baljoggie inmekaargesak en moes hy ook behandeling ontvang.
Die wêreld se nr. 5-vrouespeler, Elina Svitolina, het op Twitter uitgevaar teen die beamptes en gevra of ’n tragedie eers moet plaasvind voordat iemand iets gaan doen.
Elders in Melbourne, by die Koogee Classic-vertoontoernooi, was beamptes ietwat meer simpatiek en is die kragmeting tussen Maria Sharapova en die Duitser Laura Siegemund diep in die tweede stel afgelas.
“Ek het teen die einde van die tweede stel begin voel asof ek wil hoes, maar ek was die laaste twee weke siekerig en het gedink dis seker die rede,” het Sharapova volgens espn.com.au gesê.
“Maar toe hoor ek Laura gaan praat ook met die skeidsregter en sê sy voel ook siekerig. Vanuit ’n gesondheidsoogpunt het die skeidsregter die regte besluit geneem.”
Siegemund was in daardie stadium met 7-6(4), 5-5 voor.
INFOGRAFIEK
Vroeg September 2019 – eerste waarskuwingstekens vir die komende brandseisoen verskyn.
9 September 2019 – die Binna Burra Lodge, ‘n vakansiebestemming in die Queensland-berge word deur ‘n veldbrand vernietig.
Vroeg November 2019 – 1 500 brandweermanne stoei met 70 brande in NSW, die suidoostelike streek waarin Sydney geleë is.
11 November 2019 – die regering waarsku vir die eerste keer sedert die waarskuwingstelsel in werking is teen “katastrofiese” brandgevare. In Sydney is die lug vol rook.
Foto’s van mense wat na die strande vlug, tussen Sydney en Melbourne, word gereeld op sosiale media gedeel.
In NSW het sowat 10 miljoen hektaar grond reeds afgebrand en amper 1 000 huise is vernietig.
Ongeveer 90 brande woed tans in NSW.
Ongeveer 36 brande woed tans in die suide van Victoria.
Bykans 12 miljoen hektaar het reeds afgebrand.
Bykans 15 mense is reeds in die brandseisoen dood.
‘n Geskatte 1 miljard diere is reeds dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie