Ergste droogte in meer as u2019n eeu
Ergste droogte in meer as u2019n eeu

Ergste droogte in meer as ’n eeu

Leiers in landboukringe sê produsente weet nie hoe hulle van die huidige droogte gaan herstel en weer sal kan produseer nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Die huidige droogte is ‘n nasionale ramp.

“Dit is ook die ergste droogte wat Namibië sedert die 1800’s ervaar het.

“Ons weet nie hoe landbouprodusente hiervan gaan herstel en weer sal kan produseer nie. Hulle het werklik nodig dat ons almal hulle ondersteun.”

Dit was die woorde van die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Ryno van der Merwe, Woensdag tydens ‘n amptelike oorhandiging van ‘n borgskap deur Old Mutual. Old Mutual het tydens die geleentheid N$ 385 000 vir die Dare to Care-droogterampfonds geskenk.

Die geld word gebruik om veevoer te subsidieer sodat dit meer bekostigbaar vir boere kan wees.

Van der Merwe het tydens die geleentheid gesê die 2018-’19-reënseisoen is bykans verby. “Boonop verwag ons nie nog reën nie. Indien dit wel nog reën, verwag ons nie dat dit ‘n groot verskil vir landbouprodusente sal maak nie.”

Die Old Mutual-groep se uitvoerende hoof, mnr. Kosmos Egumba, het tydens die geleentheid gesê hy het landbouprodusente nog altyd as ‘n veerkragtige groep beskou. Hy sê dié Dare to Care-droogterampfonds het reeds goeie bewustheid geskep oor die impak en skaal van die huidige droogte.

Egumbo het die twee landbou-unies wat gesamentlik die veldtog bestuur – die NLU, asook die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU) - aangemoedig om voort te gaan om saam vir hierdie saak te werk.

“Om te eet, vervul ‘n basiese behoefte, alhoewel min van ons daaroor nadink of erkenning aan die noodsaaklike rolspelers in kosproduksie gee. Namibië se produksiekapasiteit behoort van so aard te wees dat ons onsself kan voed.

“Ons sal ons manier van werk moet aanpas by klimaatsveranderinge, wat kosproduksie raak,” het hy gesê.

Egumbo het ‘n ernstige beroep op ander Namibiese organisasies gedoen om ook ‘n bydrae tot hierdie fonds te maak.

Die president van die NECFU, dr. Ndahafa Nghifindaka, het tydens die geleentheid gesê elke bydrae, ongeag hoe groot of klein, maak ‘n verskil en is beter as niks. Sy het haar opregte dank teenoor alle betrokke partye uitgespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!