Erindi se aansoek vir buffels afgekeur
Erindi se aansoek vir buffels afgekeur

Erindi se aansoek vir buffels afgekeur

'n Bekende private wildreservaat naby Omaruru het by die ministerie van landbou, bosbou en water aansoek om buffels te huisves.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Aansoek deur die bekende Erindi private wildreservaat naby Omaruru om buffels daar te vestig ten einde die eerste Groot Vyf-wildreservaat in Namibië te word, is deur die ministerie van landbou, water en bosbou van die hand gewys.

“Buffels is draers van onder andere bek-en-klouseer, hoewel die buffels uit die Waterberg-platopark as siektevry geklassifiseer is,” sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief na aanleiding van dié aansoek.

Die NLU sê volgens die minister, mnr. John Mutrowa, is die totale kommersiële boerderygebied in 2013 as 'n beskermde gebied geproklameer met die doel om te verhoed dat bek-en-klouseer in hierdie gebied ingebring of versprei word. Die Waterberg-platopark is egter by hierdie proklamasie uitgesluit.

“'n Verdere argument van die minister om nie buffels in dié wildreservaat toe te laat nie, is dat alle handelsooreenkomste vir die uitvoer van vleis, geskoei is op die feit dat daar geen buffels in die kommersiële gebied teenwoordig is nie.”



ERINDI SE OPNAME

Erindi het op 10 Augustus 'n opname op hul Facebook-blad begin met die vraag of buffels op Erindo gevestig moet word om die eerste Groot Vyf-reservaat in Namibië te word.

Oorweldigende reaksie is in die opname verkry met die meerderheid deelnemers wat “ja” geantwoord het.

Volgens Erindi se webtuiste het dié wildreservaat van die beste geëlektrifiseerde heinings en word dit daagliks gemonitor om olifante, leeus, seekoeie en wildehonde binne hou.

“Ons doelwit is om die oorhoofse binnelandse bruto produk (BBP) van die land te bevorder deur Namibië as 'n Groot ­Vyf-bestemming te bemark.

“Ons wil ook werkskepping en vaardighede deur 'n verhoging in toerisme stimuleer,” sê Erindi.

“Wat ekotoerisme betref, wil ons met ander lande meeding wat Groot Vyf-safari's aanbied. Ons wil ook ons natuurlike erfenis en nasionale bates behou, anders verloor ons dit aan ander lande.”



TENDER VIR BUFFELS

Die aansoek van Erindi volg ná die ministerie van die omgewing en toerisme onlangs 'n tenderproses begin het om 600 van die 1 000 buffels in die Waterberg-platopark te verkoop.

Volgens die woordvoerder van dié ministerie, mnr. Romeo Muyunda, is die drakrag van die Waterberg-platopark net genoeg vir 400 buffels. 'n Ander rede vir die verkoop van die buffels is dat dit soms uit die park ontsnap na omliggende plase in die omgewing van Otjiwarongo.

Dié buffels beskik oor goeie genetika, is siektevry en is van hoë waarde. Muyunda het bevestig die buffels kan egter net aan buitelandse kopers aangebied word, aangesien Namibië se bek-en-klouseer-status bepaal dat daar nie buffels suid van die rooilyn mag wees nie.

Twee weke gelede is ses buffels op Wabi Game Lodge naby die park ten aanskoue van buitelandse toeriste uit 'n helikopter met 'n semi-outomatiese aanvalsgeweer doodgeskiet. Na bewering is 41 skote afgevuur.

Navrae is na aanleiding van die Erindi-besluit aan die permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, dr. Malan Lindeque, gestuur om vas te stel of daar ander voornemende buffelkopers is. Hy het gister geantwoord dat hy nie kommentaar kan lewer nie, “aangesien die tenderproses nog aan die gang is”.

Die suksesvolle tenderaar moet die betaling vir die buffels môre in die Wildproduktefonds se rekening maak.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!