Eritrea se eie doel help Warriors
Sokker
Tielman van Lill - Die Tafel Lager Brave Warriors het gisternamiddag hul sokkerwedstryd teen die Rooiseekamele van Eritrea met 2-1 beklink – hul eerste tree op die pad na kwalifisering vir die 2022 Wêreldbeker in Katar.
Kaptein Peter Shalulile en sy troepe het in Asmara daarin geslaag om met 'n voorsprong van een doel na Namibië terug te keer. Die herontmoeting vind komende Dinsdagaand in die Sam Nujoma-Stadion in Katutura plaas.
Eritrea sal dan met twee doele moet wen om die Warriors se vordering te keer.
Met Namibië se oorwinning gister in hul geskiedkundige eerste ontmoeting teen die Rooiseekamele in die sakkie, sal die besoekers volgende week hul storie moet ken om Bobby Samaria, tussentydse hoofafrigter, se aanvallers te tem.
Shalulile, in sy eerste verskyning as leier van die Warriors, het Namibië eerste laat glimlag toe hy en sy makkers die Kamele in die 50ste minuut uitoorlê om Eritrea se doelnet te tref. Danksy Shalulile se treffer kon die Namibiërs planne beraam om nog skade aan te rig.
So maklik was dit egter nie, want die Kamele skop vas nadat een van hul spelers in die 58ste minuut 'n doel teen sy eie span aangeteken het (2-0) en tref self die Warriors se doelkas in die 65ste minuut om die verskil tot 2-1 te laat krimp.
Met 25 minute speeltyd oor, slaag die Warriors daarin om veilig te speel en sonder om onnodige kanse te waag, beklink die besoekers hul eerste botsing teen Eritrea.
Die beginelftal was Peter Shalulile (kaptein), onderkaptein Willy Stephanus, Immanuel Heita, Marcel Papama, Aprocious Petrus, Teberius Lombard, Deon Hotto, Joslin Kamatuka, Larry Horaeb, Chris Katjiukua en doelwagter Loydt Kazapua.
Namibië is een van 28 Afrika-lande (in plekke nommer 27 tot 54 op die kontinentale ranglys) wat in die eerste ronde van kwalifisering betrokke is, met die 14 wenners wat daarna by die topgekeurde 26 lande in die volgende rondte aansluit. In die 2022 Wêreldbeker is opnuut net vyf plekke vir Afrika-lande beskikbaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie