Erken die volksmood, su00ea Duitse Linkse Party
Erken die volksmood, su00ea Duitse Linkse Party

Erken die volksmood, sê Duitse Linkse Party

Die party sê onderhandelinge tussen die regerings is by 'n dooiepunt.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - 'n Lid van die Duitse Bundestag se Linkse Party, me. Helin Evrim Sommer, sê die Duitse volksmoord teen die Ovaherero’s en Namas kan nie langer ontken word nie.

Sommer het dié opmerking Donderdag tydens ’n parlementêre debat in haar party se jongste volksmoordmosie getiteld “Reconciliation with Namibia – remembrance and apology for the genocide in the former colony of German South-West Africa” gemaak.

“Vyf jaar se voortdurende gebabbel en geheime diplomasie, en selfs die uitsluiting van die oorlewendes se afstammelinge is genoeg,” het Sommer gesê.

Sy het gesê die volksmoorddebat in Duitsland moet in die Duitse parlement bespreek word, wat 'n spesiale verantwoordelikheid het om die Duitse regering opdrag te gee om "geskikte versoeningstappe" te doen.

Sy’t bygevoeg regstellende geregtigheid kan nie uitgesluit word nie.

"Elke kind het 'n beter gevoel van hoe versoening moet werk: In die begin moet daar onomwonde, openbare verskoning vir die volksmoord wees. Natuurlik eensydig as 'n gebaar van insig en welwillendheid," het Sommer gesê.

Sy het gesê onderhandelinge tussen die Namibiese en Duitse regerings is by 'n "dooiepunt" en die "selfaangestelde verteenwoordigers" van die slagoffergemeenskappe moet by onderhandelings ingesluit word.

Voor die parlementêre debat afgeskop het, het die solidariteitsalliansie Geen Amnestie oor Volksmoord 'n optog voor die parlementsgebou in Berlyn gehou en erkenning, verskoning en vergoeding vir die volksmoord van 1904 tot 1908 voorgestaan, wat die Linkse Party se mosie bevestig.

Die alliansie sê dit is 'n skande dat die slagoffers van die volksmoord se afstammelinge Amerikaanse howe moes nader om vergoeding vir die "hul verskriklike mense- en materiële verliese" te eis.

Mnr. Israel Kaunatjike, 'n Ovaherero-aktivis en woordvoerder van die alliansie in Berlyn, het gesê die Sosiaal Demokratiese Party (SPD) moet by die federale pres. Frank-Walter Steinmeier staan, wat in 2012 die volle erkenning van die volksmoord geëis het.

"Die Duitse regering is verkeerd as hulle glo hulle kan die saak vermy. Ons Ovaherero’s en die Namas sal vir vergoeding veg tot geregtigheid seëvier," het Kaunatjike gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!