'Erken gebaretaal'
“Nasionale wette moet in Namibiese gebaretaal vertaal word sodat dowe mense alle beleidsrigtings en wette beter kan verstaan.”
Henriette Lamprecht - Namibië het vooruitgang gemaak in die insluiting van dowes in skole en werksplekke, maar het nog 'n lang pad om te stap om gelyke geleenthede vir álle landsburgers te verseker.
Die Namibiese Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD) het tydens die viering van die internasionale week vir dowes in die Erongostreek by monde van sy voorsitter vir die volle insluiting van Namibiese gebaretaal gepleit.
Volgens me. Beata Armas wil gebruikers van gebaretaal hê dit moet erken word, en die regering moet dieselfde status aan Namibiese gebaretaal as aan ander inheemse tale in die land gee.
Armas het gesê die aantal aktiewe lede van die NNAD het gegroei. Daar is ook ’n verbetering in die onderrig van dowes en die aantal leerlinge het toegeneem wat tot by graad 12 vorder.
Namibië het ’n nasionale beleid asook ’n nasionale raad vir mense met gestremdhede, terwyl ’n sektorbeleid ook op inklusiewe onderwys fokus.
“Dit getuig daarvan dat Namibië in die regte rigting beweeg om aan internasionale standaarde te voldoen wat met gelyke regte en geleenthede vir alle mense met gestremdhede verband hou,” het sy gesê.
Armas het die bevordering van gehalte onderrig vir dowes beklemtoon, maar het gemaan ’n beleid waarborg nie gelyke onderriggeleenthede vir alle dowe kinders nie.
“Daar is ’n behoefte aan meer skole en klasse, asook gekwalifiseerde onderwysers en tolke vir dowe leerlinge. Ons het vooruitgang gemaak, maar daar is nog ’n lang pad voor om gelykheid en billikheid te bereik.”
As ’n taalminderheidsgroep sê Armas die vereniging en sy lede wil volle insluiting van gebaretaal hê, met gebaretaal wat erken, gerespekteer en gedokumenteer word.
“Nasionale wette moet in Namibiese gebaretaal vertaal word sodat dowe mense alle beleidsrigtings en wette beter kan verstaan.”
Sy het namens die vereniging dankbaarheid uitgespreek oor skole vir dowes wat in verskillende streke opgerig is.
“Tans het dowes die geleentheid om soos ander toegang tot onderrig en onderwysers te hê.”
Armas het gesê toegang tot onderwys is nie vir almal gelyk nie. Baie graad 10-leerlinge druip glo en dit beteken dikwels die einde van hul skoolloopbaan.
“As druipelinge kan hulle nie na ander instellings gaan nie, omdat daar nie gekwalifiseerde gebaretaal-onderwysers is nie. Tans is daar as gevolg hiervan baie dowe leerlinge op straat sonder onderrig,” het sy gesê.
Armas het ’n beroep op die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gedoen om ondersoek in te stel na waarom die meerderheid dowe leerlinge graad 10 en -12 druip.
Sy het gesê wanneer onderwysers hul studies aan ’n kollege of universiteit voltooi, begin hulle sonder enige kennis van gebaretaal klasgee.
Armas het voorts verwys na ’n gebrek aan hulpbronne en toerusting in spesiale skole. Sy sê dit is nie voldoende om visuele onderrig te bevorder nie.
Dowe studente verbonde aan instellings soos die Universiteit van Namibië moet ook sonder tolke klaarkom, omdat dié instellings volgens haar dikwels nie ’n begroting vir die aanstelling van tolke het nie.
Ook is tolke ’n sleutelfaktor in toegang tot openbare dienste soos gesondheidsorg, werkgeleenthede en ander regeringsdienste.
Met verwysing na werkgeleenthede het sy gesê die grootste struikelblokke vir baie dowe Namibiërs is ’n ontoeganklike werksomgewing.
Armas het gemaan die regering kan nie “besluite sonder ons neem nie”.
“Ons wil nie hê ander mense moet besluite namens ons neem nie, maar eerder besluite saam met ons neem.”
Sy het beklemtoon Namibië is in ’n posisie om meer vir die dowe gemeenskap en ander mense met gestremdhede te neem.
“Namibië het die nodige beleidsrigtings en wetgewing in werking. Ons het mense wat bereid is om te luister en gretig is om te help.”
Sy het ’n beroep op dowes gedoen om deel van positiewe verandering te wees.
“Dié wat werk, moet aan hul werkgewers en kollegas wys dowe mense kan enigiets doen. Dié in skole moet hul onderrig ernstig opneem om vir hulle ’n toekoms te kan verseker.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie