Erkenning aan plaaslike skrywers, kunstenaars
Erkenning aan plaaslike skrywers, kunstenaars

Erkenning aan plaaslike skrywers, kunstenaars

Yandi Du Plessis
Ná die eerste Bank Windhoek Doek-literêre toekennings in April vanjaar aangekondig is en ’n toekenningseisoen wat ’n gesogte langlys opgelewer het wat die diversiteit van plaaslike narratiewe ten toon gestel het, en ‘n mededingende kortlys wat sommige van die gewildste stukke in Doek! uitgesoek het, is die heel eerste vier wenners Donderdag aangekondig.

Die vier kategorieë was fiksie, niefiksie, digkuns en visuele kuns.

Die doel van die toekennings is om die gekose werke, skrywers, digters en visuele kunstenaars aan ’n wyer Namibiese en internasionale gehoor bloot te stel en hulle toe te laat om hul unieke stemme by die land se ontluikende literêre gemeenskap te voeg.

Die wenners is:

Fiksie - Ndawedwa Denga Hanghuwo vir Silhouette

Niefiksie – Natasha Uys vir Ouma Sofie’s Gold

Digkuns – Pauline Buhle Ndhlovu vir “Green and Greening”

Visuele kuns – Namafu Amutse vir “Chrysalis”

Die wenners ontvang N$5 000 elk van Bank Windhoek, die amptelike borg van die toekennings. Hulle ontvang ook elk ‘n unieke trofee wat deur Attila Giersch, ‘n bekroonde Namibiese juwelier, ontwerp is.

Daarby ontvang hulle elkeen ’n pasgemaakte leerboekomslag van Leon Engelbrecht Design.

Die fiksie- en niefiksiewenners ontvang elk N$2 500-koopbewyse van onderskeidelik Gondwana en Namibia Wildlife Resorts.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!