Erkenning vir selfdegeslaghuwelike afgekeur

Elvira Hattingh
Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelike te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes.

Hulle het egter ontevredenheid daaroor uitgespreek dat hulle steeds gebind word deur ‘n uitspraak in die hooggeregshof wat twintig jaar oud is. Tóé is beslis dat homoseksuele verhoudings nie deur Namibiese wetgewing erken word nie.

Tydens vandag se uitspraak deur regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase, het hulle beklemtoon dat hulle “glo” dit is tyd vir die Namibiese grondwet om homoseksualiteit as “’n deel van ons samelewing” te hanteer en dat diegene in sulke verhoudinge “waardig is om aanspraak op dieselfde regte te maak”.

Na verwagting sal die applikante en hul regspanne teen die uitspraak appélleer. Die basiese bevinding is dat die uitspraak Frank-saak van sowat twintig jaar gelede fouteer het deur nie erkenning aan selfdegeslag huwelikke te wou gee nie. Laer howe word egter deur dié beslissing gebind.

Die hoërhof het ook gronde aangegee wat die aansoekers kan gebruik om te appélleer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!