Ernstige watertekort in Windhoek aangekondig
Windhoek beleef amptelik ’n ernstige watertekort.
As gevolg hiervan het die hoofstad se munisipaliteit (CoW) sy waterbestuurplan op 1 Mei amptelik van kategorie C (waterskaarste) na kategorie D verander.
Dit beteken inwoners is verplig om van 1 Julie af minstens 15% water te spaar, terwyl die Windhoek-akwifer ingespan moet word om in sowat 39% van die stad se watervraag te voorsien – al is dit nie volhoubaar nie.
Die hoof van die Windhoekse stadsraad, mnr. Robert Kahimise, het vanoggend ’n vooruitskouing van Windhoek se waterverskaffing tot in 2021 bekend gemaak.
Hy het gesê die doel van die besparings is om te verhoed dat Windhoek homself in dieselfde bootjie as Kaapstad bevind, waar inwoners gerantsoeneer is en water daagliks by sekere punte gaan haal moes word.
Hy het gesê hy glo Windhoekers sal in omstandighede soos dié verstaan waarom die munisipaliteit die akwifer “jaloers” beskerm.
Hy het gesê NamWater sal voorts net in 35% van die stad se water voorsien, terwyl die munisipaliteit beoog om 26% water uit die suiwering van rioolwater te herwin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie