Erongo beplan visvang-indaba

Die goewerneur van die Erongostreek het 'n beroep op inwo­ners gedoen om hoopvol en positief te bly ten spyte van die sosioëkonomiese krisisse wat die streek tans in die gesig staar.
Yandi Du Plessis
Namibian Sun-nuusredaksie



Mnr. Neville Andre, die goewer­neur van die Erongostreek, het aangekondig sy kantoor beplan 'n Namibiese visserye-indaba om die nuwe en vorige houers van visvangregte saam te bring.

Hy het dié aankondiging Vrydag gemaak terwyl hy die streekrede op Swakopmund gelewer het, waar hy 'n beroep op inwoners gedoen het om hoopvol en positief te bly, ondanks die uitdagings wat die streek in die gesig staar.

Andre het gesê die ministerie van visserye en mariene hulpbronne sal die indaba, wat na verwagting belanghebbendes in die visbedryf bymekaar sal bring om haakplekke uit te stryk, finansier. “Dit sal verseker alle rolspelers beweeg in dieselfde rigting, om vertroue in die vissektor te herstel en terselfdertyd die lewensvatbaarheid van die bedryf in die lang termyn te verseker,” het hy gesê.



KORRUPSIE

Die multimiljarddollar visbedryf het deur die jare onder verskeie beweringe van korrupsie deurgeloop en is deur groot werksverliese getref.

Die jarelange uitdaging rakende klein salarisse wat vissermanne ontvang en die swak werksomstandighede in die bedryf, duur in die streek voort.

“Ek is bly ons het die meeste werkers in diens geneem. Daar is egter reeds sprake van ontevredenheid onder diegene wat weer in diens geneem is oor gestandaardiseerde vergoedingspakkette, voorwaardes en die duur van dienskontrakte,” het hy gesê.

Sonder om besonderhede te verskaf, het Andre gesê die ministerie hanteer tans die saak om te verseker dat daar na werkers in die visbedryf omgesien word.

TOERISME

Vrydag se streekrede het die omvang van die probleme uiteengesit wat die streek tans ervaar.

Vanjaar se streekrede het ook op kwessies soos die hokslaan van die coronaviruspandemie, ­ekonomiese herstel, die bekamping van ­korrupsie, voorsiening van behuising en ­sanitasiegeriewe, werkskepping en ontwikkeling van infrastruktuur gefokus.

Andre het gesê daar is planne om 'n Erongo Toerismeforum op die been te bring, siende dat die toerismebedryf ook tans onder die Covid-19-pandemie gebuk gaan.

“Ons kyk net na die riglyne vir die strukturering van die forum,” het hy gesê.

Andre het aan inwoners gesê sy kantoor sal onder geen omstandighede korrupsie duld nie, en die ­politici in die streek verder aangespoor om 'n voorbeeld te stel en onreëlmatighede aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) te rapporteer vir verdere ondersoek.

“My kantoor is verbind tot die bekamping van korrupsie in die streek, en ons het die ACC betrek om die ­Covid-19-skoolinfrastruktuurprojek te ondersoek nadat onreëlmatighede rondom die implementering van die projek aan die lig gekom het. Die saak word tans ondersoek,” het hy gesê.



EKONOMIESE ELLENDE

Soos ander streke, loop Erongo steeds onder Covid-19 deur, veral vanuit 'n ekonomiese oogpunt.

Andre het gesê sy kantoor sal alle ­belanghebbendes betrek om met ­strategieë vir ekonomiese herstel ­vorendag te kom.

“Ons is egter bedag op die impak van Covid-19, veral op ons toerismebedryf, waar sommige gasvryheidsondernemings en restaurante steeds gesluit is. Plaaslike kunstenaars wat 'n inkomste deur toerisme verdien, voel ook die impak,” het hy gesê.

Hy het onthul sy kantoor, in vennoot­skap met Nedbank Namibia, onderneem tans 'n studie om vas te stel wat die impak van Covid-19 op die ekonomie van die streek is.

“Die data van hierdie studie sal gesprekvoering onder belanghebbendes in die streek aanmoedig, wat dan oor plaaslike ekonomiese herstelstrategieë sal kan beraadslaag,” het Andre optimisties gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!