Erongo-ontsoutingsaanleg steeds te koop
Volgens ’n woordvoerder speel die Erongo-ontsoutingsaanleg reeds ’n kritieke rol in die voorsiening van water aan gemeenskappe in die streek.
Ogone Tlhange – Orano Mining Namibia se verkoop van die Erongo-ontsoutingsaanleg word steeds oorweeg.
Die regering sou aanvanklik die aanleg, wat in ’n stadium teen US$200 miljoen (sowat N$2 820 miljoen) te koop aangebied is, aanskaf.
Me. Christine de Klerk, Orano Mining se woordvoerder, het gesê die onderneming werk aan ’n oplossing om te verseker die aanleg word wel aan die regering verkoop.
“Ons is toegewy aan samewerking met Namibië se regering om ’n oplossing vir alle partye te vind,” sê sy.
Volgens De Klerk speel die Erongo-ontsoutingsaanleg reeds ’n kritieke rol in die voorsiening van water aan gemeenskappe in die streek en het die bedryf volhoubare en betroubare waterhulpbronne nodig.
Oor die Trekkopje-myn se toekoms en of die verkoop daarvan oorweeg word, sê sy: “Die Trekkopje-projek is onder versorging en instandhouding geplaas weens die marktoestande vir uraan en sal weer voortgaan sodra die mark herstel.”
Die stigterpresident, dr. Sam Nujoma, het verskeie versoeke vir die aanlê van ontsoutingsaanlegte gerig.
De Klerk sê dit sal positief vir algehele watersekuriteit wees en Orano ding nie met iemand mee wat watervoorsiening betref nie.
Nujoma het tydens ’n besoek aan die Universiteit van Namibië (Unam) se Hentiesbaai-kampus gesê bykomende ontsoutingsaanlegte moet gebou word.
“Ons het nog nooit om watervoorsiening meegeding nie, trouens, ons ontsoutingsaanleg is aanvanklik gebou om die Trekkopje-myn van water te voorsien en ons is bly ons kan ’n positiewe bydrae tot die droë Erongostreek se vraag na water lewer,” sê sy.
Me. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van landbou, water en bosbou, het navrae na Staatshuis verwys.
Die presidensiële woordvoerder, mnr. Alfredo Hengari, het vrae terug na die ministerie en NamWater verwys, en gesê Staatshuis hanteer nie ontsouting nie.
Mnr. Abraham Nehemia, NamWater se besturende direkteur, het nie op oproepe of SMS’e gereageer nie.
Die regering het die aankoop van die ontsoutingsaanleg in 2016 van die hand gewys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie