Erongo Rocks gaan voort

Kristien Kruger
Die Erongo Rocks Kampterrein bied vanaf 7 tot 9 Augustus die Erongo Rocks Mountain Experience in Swakopmund aan.
Die organiseerders hou moed dat Swakopmund se inperking betyds verslap sal word. Sowat 50 mense het reeds kaartjies gekoop.
Kaartjieverkope sluit môre (30 Julie).
Kaartjies sluit in twee nagte se kamp, drie etes en ’n T-hemp in. Daar sal die naweek verskillende aktiwiteite beskikbaar wees soos rotsklim, 15 km en 30 km bergfietsry, 5 km en 10 km draf, joga saam ’n instrukteur, staproetes en 65 km grondpad vir 4x4-ryers.
Die bekende Namibiese sanger en musikant Riaan Smit sal Vrydag en Saterdagaand optree.
Pryse van kaartjies beloop N$1 695, N$845 vir kinders tussen die ouderdom van sewe en 14 jaar of gratis vir kinders onder 6.
Vir meer inligting of om te bespreek, kontak Terry Baker op 081 210 2427 of stuur ’n e-pos na [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!