Erongo se binneland bult sy sportspiere
Fietsry
Des Erasmus - Een van Namibië se gewildste padfietswedrenne, die Omaruru Spar Classic, sal vanjaar op 21 April op die oewerdorp aangebied word.
Dit vorm een van 22 byeenkomste wat vir die Erongo-binneland deur die streek se sportbeampte, mnr. Betholdt Karumendu, aangekondig is.
Die Classic bestaan uit 'n hoofwedren oor 106 km en 'n korter 60 km vir die manne en vroue wat op spoed konsentreer.
Die beginpunt en eindpunt is op Omaruru en die roete strek op die teerpad na Kalkfeld met 'n draaipunt wanneer die buitewyke van die buurdorp reeds in sig is.
Langafstandryers maak geen geheim daarvan nie dat die Classic vir hulle een van die hoogtepunte van hul fietsjaar is. Deelnemers maak van die byeenkoms 'n kuiernaweek vir hulleself, hul gesinne en hul vriende op 'n toerismevriendelike dorp.
Benewens die 22 kleiner en groter byeenkomste wat deur Karumendu aangekondig is, sal die Husab-marathon, die Gold Rush vir bergfietsryers deur die Navachabgoudmyn by Karibib en die jaarlikse groot vasbytbyeenkoms vir die manne en hul monsters, ook by Karibib, aangebied word.
By die 22 byeenkomste is talle skolesaamtrekke en bokstoernooie ingesluit. Benewens die Spar Cycle Classic is daar die Olimpiese minispele op 23 Junie, die Navachab-halfmarathon op 15 September en die Omaruru-straatmyl op 13 Oktober.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie