Erongo skud vere reg vir feesgety
Die stigterpresident, dr. Sam Nujoma, dien as beskermheer van ’n ontwikkelingsekspo, wat oorspoel in die Hentiesfees.
Des Erasmus - Die kusgebied en verwante binneland van die Erongostreek is gereed vir ‘n vakansiefees van langer as ‘n week met skole wat op 17 Augustus sluit en klasse wat eers op 3 September hervat. Drie feeste en ‘n ekspo gaan van 24 Augustus tot 2 September ingepas word.
Die eerste salvo gaan op 24 Augustus gevuur word met die Land Rover-fees wat op Uis begin en tot 27 Augustus voortduur. Selfs ‘n konvooi Land Rovers uit Suid-Afrika op toer deur Botswana word by dié geleentheid op Uis verwag. Die geleentheid is ter viering van dié viertrekvoertuie se 70ste verjaardag in Afrika.
Hentiesbaai gaan langs die kus ‘n voorloper wees met ‘n ontwikkelingsekspo op 23 en 24 Augustus, wat oorspoel in die Hentiesfees. Die stigterpresident, dr. Sam Nujoma, self ‘n man met ‘n vakansiehuis op Hentiesbaai, dien as beskermheer van die ekspo. Dit sal met kraampies op ontwikkeling gerig wees. Op 25 Augustus begin die Hentiesfees met ‘n nuwe aanslag.
Ná ‘n paar dae waarin vakansiegangers kan hergroepeer, begin die Kunstefees op Omaruru – ‘n voortsetting van die baanbrekerswerk wat met die Kunsroete gedoen is – op 30 Augustus met die groot ete aan die langste tafel in die land. Die feesdae volg op 31 Augustus en 1 September.
Altus Theart, onder TV-kykers bekend as Fafa in die sepie Getroud met Rugby, tree by beide die Hentiesfees en Omaruru se Kunstefees op.
Tydens die Hentiesfees sal hy, benewens sy eie optredes, ook as aanbieder optree.
Op Omaruru sal hy die gasheer tydens die amptelike opening om die lang tafel wees en op 31 Augustus sal hy die teaterstuk Dis hoe ‘n man se kop werk, ‘n eenmankomedie, in die Barth-saal aanbied.
Op die gebied van teater gaan Namibië se eie Aldo Behrens om 17:30 op 1 September ook in die Barth-saal Variations on a Blue Bench aanbied.
Op Hentiesbaai sal Altus reeds die middag en aand van 24 Augustus optree. Ander Suid-Afrikaanse kunstenaars op 24 Augustus op Hentiesbaai is Franja du Plessis en Ruan Josh. Onder die Suid-Afrikaners is Robbie Wessels op 25 Augustus die groot trekpleister. Ander ingevoerde kunstenaars uit die buurland die Saterdagaand is Joe Foster, Fatman, Charlize Berg en Dirk van der Westhuizen.
Aan die sportkarakter van die Hentiesfees word ook uitgebou. Hengel en fietsry is steeds daar, maar strandrugby het nou bygekom met ‘n prysgeld van N$16 000 en die toernooi wat op 25 Augstus op die veld by die LukZet-terrein vir perde beslis sal word.
Inskrywingsgeld beloop N$700 per span. Die groot byeenkoms vir fietsryers sal ook op dieselfde terrein begin en eindig. Die wedrenne strek oor 90, 55, en 30 km. Pretlope vir fietsryers en drawwers oor 10 km sal deel daarvan vorm.
Hoogtepunte op Omaruru se Kunstefees gaan die twee rivierkonserte onder die sterre wees. Op 31 Augustus gaan die kunstenaars Corlea Botha en Johan Kelber saam met die Con Spirito-orkes optree.
Op 1 September gaan Joseph Clark met The Music of Queen: The show must go on op die tweede rivierkonsert onder die sterre optree.
Die Kunstefees gaan die plek van talle uitstallings deur kunsteaars wees.
Omaruru se boeremarkdae is landswyd bekend, en op 1 September gaan dit van 07:30 af op die plaas Zanja net buite Omaruru aangebied word.
Van 08:00 af op 1 September gaan die gewilde kafdraf (hay ride) aangebied word, wat ‘n ontbytsessie met vonkelwyn insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie