Erongostreeksraad beplan ontsoutingsaanleg
Erongostreeksraad beplan ontsoutingsaanleg

Erongostreeksraad beplan ontsoutingsaanleg

Henriette Lamprecht
Die Erongostreeksraad wil binne die volgende paar jaar sy eie ontsoutingsaanleg bou om in die stygende aanvraag na water aan die kus te voorsien. Planne vir die aanleg word gedryf deur groeiende kommer dat die voorsiening van vars water in die streek tans onvoldoende is en in die toekoms gaan aanhou styg. Volgens die goewerneur mnr. Cleophas Mutjavikua, gaan ’n watergebruikmaatskappy in dié verband onder die Erongo Ontwikkelingsagentskap gestig word. Mutjavikua sê voorts onderhandelinge is tans met Israeliese private vennote onderweg vir ’n Bou, Bedryf en Oordrag (BoT)-ooreenkoms van 20 jaar om ’n ontsoutingsaanleg in die Erongostreek op te rig. Die water van die beoogde aanleg sal ook na landboubesproeiing regdeur die streek gekanaliseer word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer