Ervare ‘gaste’ voorspel gevaar

Oman en die VAE spog met 27 ingevoerde spelers van Indië en Pakistan.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Eagles se jongste avontuur begin môre by Wanderers in Windhoek, wanneer die eerste bal in ‘n driehoekige 50-boulbeurt Internasionale Castle Lite-eendagreeks van agt wedstryde teen Oman en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) geboul word.

Oman en die VAE spog met 27 ingevoerde spelers van Indië en Pakistan. Beide spanne het agt Pakistani’s elk in die span, terwyl Oman ses Indiërs en die VAE een minder op sy spanlys het. Net Ahmed Raza, kaptein van die VAE, is in Sharjah gebore.

Dat die besoekers ervare is, is nie altemit nie. Oman het 190 internasionale eendagwedstryde (ODI) op hul kerfstok en die VAE 192. Teen bykans 14 wedstryde per speler, is hulle meer as dubbeld so ervare as die Eagles.

Die Namibiërs het ’n skrale 64 ODI’s tussen hulle gespeel en teen ’n gemiddelde ouderdom van 26 is hule veel jonger as Oman (32) en die VAE (30) se gesoute staatmakers.

JJ Smit, Jan Frylick, Karl Birkenstock, Bernard Scholtz, Craig Williams, Stephen Baard en Zane Green het almal in agt ODI’s gespeel. Picky Ya France in sewe en Ben Shikongo in een.

Nichol Loftie-Eaton, Michael van Lingen, Ruben Trumpelmann, Michau du Preez en Mauritius Ngupita moet nog hul buiging vir Namibië op die ODI-verhoog maak.

Die spanne

Eagles: 1 JJ Smit (kaptein), 2 Jan Frylinck, 3 Karl Birkenstock, 4 Ben Shikongo, 5 Bernard Scholtz, 6 Nicol Loftie-Eaton, 7 Craig Williams, 8 Michael van Lingen, 9 Stephen Baard, 10 Ruben Trumpelmann, 11 Zane Green, 12 Picky Ya France, 13 Michau du Preez en 14 Mauritius Ngupita. Reserwes: Tangeni Lungameni en Shaun Fouché.

Pierre de Bruyn (hoofafrigter), Fortune Matawu (hulpafrigter), Riaan Minnie (analis), Wihan du Plessis (fisioterapeut).

Oman: 1 Kaptein- Zeeshan Maqsood (Pakistan), 2 Jatinder Singh (Indië), 3 Khawar Ali (Pakistan), 4 Aqib Ilyas (Pakistan), 5 Mohammad Nadeem (Pakistan), 6 Ayaan Khan (Indië), 7 Suraj Kumar (Indië), 8 Sandeep Goud (Indië), 9 Nestor Dhamba (Indië), 10 Kaleemullah (Pakistan), 11 Bilal Khan (Pakistan), 12 Naseem Khushi (Pakistan), 13 Fayyaz Butt (Pakistan) en 14 Kashyap Prajapati (Indië).

VAE: 1 Kaptein- Ahmed Raza (VAE), 2 Muhammad Waseem (Pakistan), 3 Chirag Suri (Indië), 4 Chundan Rizwan (Indië), 5 Vriitya Aravind (Indië), 6 Muhammad Usman (Pakistan), 7 Rohan Mustafa (Pakistan), 8 Kashif Daud (Pakistan), 9 Palaniapan Meiyappan (Indië), 10 Zahoor Khan (Pakistan), 11 Akif Raja (Pakistan), 12 Junaid Siddique (Pakistan), 13 Basil Hameed (Indië), 14 Mohammad Boota (Pakistan).

Wedstryde

Nov 26: Namibië tn Oman

Nov 27: Namibië tn Oman

Nov 29: Oman tn VAE

Nov 30: Namibië tn VAE

Des 2: Oman tn VAE

Des 4: Namibië tn Oman

Des 5: Namibië tn VAE

Des 6: Oman tn VAE

Al die wedstryde begin om 09:30. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!