Ervaring soos geen ander tot in Namib

Organiseerders wil die eerste fietsbyeenkoms op dié roete 'n jaarlikse instelling maak.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Mabaruli African Safaris bied Saterdagoggend sy eerste Mabaruli-Solitaire bergfietsrit oor 205 kilometer vanaf die Kupferbergpad via die C26-roete na dié afgeleë woestynbestemming neffens die C14-pad in die Namib aan.

Die soloryers, tweeman- en viermanspanne sal hul kaarte reg moet speel om die roete oor die Remhoogtepas baas te raak, maar van daar is dit oorwegend afdraand eindstreep toe.

Soloryers moet uiteraard die hele afstand op eie stoom voltooi, terwyl viermanspanne die luukse het om mekaar by sekere afstande af te los.

Ryers registreer môre by Areb­busch-lodge in Windhoek en Sa­terdagoggend voor ­hanekraai meld hulle weer by ­dieselfde venue aan. Mabaruli Safaris vervoer dan die ryers, hul bagasie en fietse van daar na die C26 en D1982 se T-aansluiting van waar ryers vroeg in die saal sal spring.

Die eerste waterpunt verskyn ná 83 kilometer by die afdraai van die D1283. Met 167 km op die odometer kan ryers by waterpunt 2 hul reserwes aanvul. Van daar is dit nog 38 km in die saal voordat Solitaire-lodge sy welkome ver­skyning met 'n koue lafenis maak waar suksesvolle voltooiers oor die ervaring van natuurskone uitsigte kan saampraat.

Die fietsgeselskap sal deurgaans deur ondersteuningsvoertuie gevolg word en moeë trappers kan kies of hulle eerder met vier wiele by die lodge wil aankom.

Ryers oornag by Solitaire-lodge met 'n spitbraai en potjiekos en word die Sondagoggend deur Mabaruli Safaris terug na die hoof­stad vervoer.

Serina Strohmenger van Mabaruli African Safaris sê: “Ons beplan om die Mabaruli-Solitaire-fietstoer 'n jaarlikse instelling te maak en glo dit sal nog lekker groei. Ons sal vanjaar sien wat werk of werk nie en sal volgende jaar daarop verbeter.

“Cycletec beman die eerste waterpunt en sal sorg dat ryers se ysterperde met meganiese probleme weer vinnig padvaardig word.

“Frans-Anthonie Gerber van Pharmaceutical Sport Nutrition het 'n allemintige N$8 500 se produkte vir die toer geborg. Agra Safari Den het N$5 000 se pryse vir 'n gelukstrekking gegee, Komnik & Franck het 'n paar pryse geborg, en die Namibië Brouerye is ook betrokke. Arebbusch bied tien persent afslag vir etes aan die deelnemers en ons personeel kan Vrydagaand daar slaap. Laasgenoemde het ook pryse vir die gelukstrekking verskaf.

“Ons bedank elke borg wat die uitdaging moontlik maak en hoop om volgende jaar 'n groter en beter ervaring vir ryers te skep. Ryers moet onthou die Mabaruli-Solitaire-bergfietsrit is 'n persoonlike uitdaging en nie 'n resies nie!”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!