Erwe vir massabehuisingsprojek toegeken
Erwe vir massabehuisingsprojek toegeken

Erwe vir massabehuisingsprojek toegeken

Munisipaliteit beantwoord inwoners se vrae
Gerine Hoff
Tammy Kleinhans – Die Keetmanshoop munisipaliteit beoog om meer deursigtig te wees in hul werksaamhede en het dus onlangs ? openbare vergadering gehou.
Daar is toe aangekondig dat 268 aansoekers identifiseer is wat binnekort ’n erf as deel van die massabehuisingsprojek sal ontvang nadat 1 200 aansoeke ontvang is. Die aansoekers, wat grond en ’n huis sal bekom, se name moet egter nog na die ministerie van grondhervorming gestuur word vir finale goedkeuring.
Intussen het die munisipaliteit inwoners versoek om geduldig te wees en hulle verseker dat die proses regverdig en deursigtig gaan wees.
Die regstellende herposisioneringsgroep (AR) wil hê dat grond teen 31 Julie beskikbaar moet wees. Aansoeke wat ingedien is voor AR se eise gestel is, sal voorkeur geniet. Daar is ’n moontlikheid van duplisering van aansoeke en dus sal ondersoek ingestel word.
Die massabehuisingsprojek is gemik op mense wat in ? lae inkomste groep val en diegene wat vir die eerste keer eiendom koop. Volgens die munisipaliteit verwys “lae inkomste” na ’n inkomste van minder as N$7 500 per maand, terwyl en middel en hoë inkomste verwys na ’n inkomste van meer as dié bedrag.
Aansoekers word versoek om ? beëdigde verklaring by hul naaste polisiestasie aangaande hul inkomste te maak. Net een eiendom word toegelaat vir mense wat binne gemeenskap van goedere getroud is.
Oor die verkoop van erwe aan inwoners van Illeni-buurt in Tseiblaagte, het die munisipaliteit gesê die proses is aan die gang, met erwe wat geregistreer en verkoop word. Inwoners is egter gemaan dat munisipale rekeninge op datum moet wees voor aankope goedgekeur sal word.
Een van die munisipaliteit se kapitaalprojekte vir 2015/2016, is die oprigting van ? brandweerstasie in Krönlein. ’n Erf is reeds vir die projek geïdentifiseer en daar word nou gewag vir die opstel van finale planne. Volgens die munisipaliteit is die ligging van die beoogde brandweerstasie ideaal omdat dit redelik sentraal is.
Inwoners het hul kommer uitgespreek dat kinderparke nie in stand gehou word nie en onveilig is. Dus het die munisipaliteit die voorstel deur studente van die Universiteit van Namibië aanvaar om die speelgrond in die Krönlein-woonbuurt langs Oppi Hukki, op te knap.
In terme van sportgronde in Krönlein wat nie in stand gehou word nie, het die munisipaliteit gesê dat niemand eienaarskap van die stadion aanvaar nie, al is herstelwerk gedoen. Die munisipaliteit ondersoek dus die moontlikheid om ? vennootskap met die ministerie van jeug en sport aan te gaan om die stadions te bestuur.
? Bron van groot kommer vir inwoners is dat die begraafplase bykans heeltemal vol is. Die munisipaliteit het gesê lewensvatbaarheidstudies word gedoen om te bepaal watter area hiervoor geskik sal wees.
Inwoners het hul kommer gelig oor vullisverwyderaars wat sonder maskers werk. In reaksie hierop het die munisipaliteit gesê hulle is bewus van die omstandighede. ’n Nuwe vullislorrie is gekoop omdat die ou een gedurig gebreek het, wat die vullisverwyderingspan genoodsaak het om gewone lorries te gebruik wat werksaamhede bemoeilik het. Die spanne is egter nou met die regte toerusting soos deur die regering bepaal, toegerus.
Die munisipaliteit het ’n voorstel van plaaslike sakelui ontvang om die Van Rhyndam-gebied te verhuur vir die oprigting van ontspanningsarea en onderhandelinge is tans aan die gang.
Baie is al gesê oor die munisipaliteit se agterstallige skuld van N$47 miljoen. Volgens die munisipaliteit is die saak meer ingewikkeld as net die invordering van skuld, want ? groot gedeelte van dié bedrag is “geërf”. Die kans bestaan ook dat die skuld afgeskryf sal word.
Die munisipaliteit het gesê daar is baie inwoners wat arm en/of bejaard is wat nie kan bekostig om agterstallige skuld te betaal nie. Tog maak die munisipaliteit daarvan werk om skuld in te vorder en ooreenkomste is met inwoners aangegaan om die uitstaande bedrae af te betaal, maar die proses sal tyd neem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!