Esau en kie kan nie kla
Esau en kie kan nie kla

Esau en kie kan nie kla

Francoise Steynberg
Die twee oudministers wat by die Fishrot 6 betrek word, mnre. Bernhard Esau en Sacky Shangala, asook hul medebe­skuldigdes kan nie kla nie.

Nie oor die "haglike omstandighede" in die Seeis-aanhoudingselle of dat hulle agterin 'n vangwa moet ry nie.

Hulle is nie geregtig op voorkeurbehandeling nie.

Die blote feit dat hulle by Seeis in enkelselle uit die openbare oog aangehou word waar familielede en vriende hulle ongesteurd kan besoek, is voorkeurbehandeling.

Hulle word nie soos Jan Alleman en ander aangehoudenes in Wanaheda in oorvol selle aangehou nie.

Die feit dat hulle op verkiesingsdag met hul inhegtenisneming in 'n bussie na Seeis aangery is, is spesiale behandeling.

Die feit dat die aanklagkantoor by Seeis-polisiekantoor se deure gesluit en gordyne toegetrek is om die ses teen die media te beskerm, is voorkeurbehandeling. Die polisie het die media van hul mediavryheid by Seeis se polisiekantoor ontneem toe hulle die terrein verbied en beveel is om agter die heining te staan.

Die slaapsakke, kussings en sakke kruideniersware wat vir die ses beskuldigdes én die polisiebeamptes aangedra is, maak hul tronkverblyf gemakliker. Daar is aangehoudenes wat nie eens 'n matras het nie.

Esau het aan beamptes gesê hy voel nie gemaklik om agterin 'n vangwa na sy plaas te ry nie. Natuurlik voel Esau en duisende ander aangehoudenes nie gemaklik om agterin vangwaens te ry nie.

Gelykheid voor die reg geld wel, maar alle mense moet gelyk behandel word. Esau en kie inkluis.

Hulle kla met die witbrood onder die arm.



Só sê ander: 17 Desember 2019

Boris het Britte gehoor, maar nou word hy getoets

Die begeerte om Brexit ná drie jaar se politieke chaos agter die rug te kry was 'n belangrike rede vir die Konserwatiewe Party se oorwinning in verlede week se algemene verkiesing.

Die standpunt van Boris Johnson, Britse premier, ten gunste van Brexit was immers glashelder teenoor die digte wolk mis wat oor die Arbeider-leier, Jeremy Corbyn, se houding gehang het. Maar dit sou 'n fout wees om die sege slegs aan die Brexit-kwessie toe te skryf. Of aan Corbyn se mistasting dat 'n verlinkse agenda aan kiesers verkoop kon word.

Al is een van die grootste Tory-meerderhede in baie jare behaal, het die verkiesingsuitslag ook moontlike kopsere meegebring.

Ontleders was die laaste maande bitsig oor die omstrede en meermale opportunistiese Johnson. Hulle het hom probeer ontleed aan die hand van wat 'n eerste minister “veronderstel is om te sê”. En terwyl húlle sy politieke uitlatings as teenstrydig en sonder gewig vertolk het, het 'n groot deel van die kieserskorps hom wel verstaan. En gevoel hul keelvolheid vir bestaande regeringstelsels, herhaaldelike verbreekte beloftes en al hoe swakker dienste en ekonomiese vooruitsigte word gehoor. - Beeld

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!