Esau in die hospitaal
Denver Kisting
Die eertydse minister van visserye en mariene hulpbronne en lid van die sogenaamde #Fishrot-ses, mnr. Bernhard Esau (foto), is in die hospitaal.
Die waarnemende inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, genl.maj. Anne-Marie Nainda, het dié nuus laat gistermiddag bevestig. “Ja, hy is vir mediese bystand geneem, omdat hy nie lekker gevoel het nie. Hy is opgeneem.” Nainda wou nie verstrek in watter hospitaal Esau opgeneem is nie.
“Ons moet sy privaatheid respekteer.”
Republikein verneem egter Esau word onder polisiebewaking in 'n private hospitaal behandel.
Dit kom dae ná waarnemende regter Kobus Miller 'n dringende aansoek deur Esau en mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, van die rol geskrap het.
Dié mans het die hoërhof genader om uit aanhouding vrygelaat te word, omdat die lasbriewe vir hul inhegtenisnemings glo ongeldig was en hul aanhouding gevolglik onregmatig is.
Miller het gelas die saak was nie dringend nie
Hulle word sedert 27 November by die Seeis-polisiekantoor buite die hoofstad aangehou weens hul beweerde betrokkenheid by die plundering van Namibiese viskwotas.
Nainda het bevestig Esau se vyf medebeskuldigdes is steeds in polisieaanhouding by Seeis.
Die mans verskyn weer op 20 Februarie 2020 in die Windhoek-landdroshof. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie