Esau vandag in hof oor borg
Esau vandag in hof oor borg

Esau vandag in hof oor borg

Die voormalige visseryeminister en sy skoonseun word vandag in die Windhoekse landdroshof verwag.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, se borgaansoek sal vandag voor landdros Duard Kesslau afskop. Die verhoor is tot 10 Julie geskeduleer om in die Windhoek landdroshof af te speel.

Esau, vir tien jaar aan die stuur van die Namibiese visvangbedryf was, is sedert 27 November 2019 in aanhouding in verband met twee sake van bedrog en korrupsie ter waarde miljoene Namibiese dollar.

Die vermeende wandade is op die wêreldtoneel blootgestel toe Wikileaks in November laas jaar inligting vrygestel het (wikileaks.org/fishrot/) met aantygings van grootskaalse korrupsie deur die Yslandse visvangmaatskappy Samherji.

Kort daarna het die internasionale nuusnetwerk Al Jazeera sy sensasionele dokumentêre rolprent waarin Esau verskyn, begin vertoon (op YouTube: ‘Anatomy of a Bribe’).

Esau en nog ’n voormalige kabinetslid, mnr. Sacky Shanghala (oudminister van justisie), word saam met Investec Asset Management Namibia se voormalige hoof, mnr. James Hatuikulipi, Esau se skoonseun mnr. Tamson Hatuikulipi, die voormalige Investec-bestuurder mnr. Ricardo Gustavo en mnr. Pius Mwatelulo beskuldig van betrokkenheid by die Yslandse maatskappy se onreëlmatige toegang tot Namibiese visvangkwotas vanaf 2014 tot 2019, in ruil vir omkoopgeld van minstens N$103 miljoen.

In die tweede saak staan Esau, Shanghala, albei Hatuikulipi’s, Mwatelulo en die geskorste uitvoerende hoof van die staatsonderneming Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, tereg op bedrog, korrupsie en geldwassery met betrek tot N$75 miljoen wat tussen Augustus 2014 en Desember 2019 vanaf Fishcor na hul bankrekeninge herlei is.

In plaaslike media is berig dat die prokureur mnr. Florian Beukes, wat Esau verteenwoordig, bevestig het die oudminister doen aansoek om borgtog en dat mnr. Tamson Hatuikulipi ook dié week sy eerste borgaansoek sal loods.

Tot dusver het Nghipunya en Gustavo reeds vergeefs om borgtog aansoek gedoen.

Volgens die woordvoerder vir die regsbank, mnr. Ockert Jansen, beplan Gustavo om teen die verwerping van sy borg te appelleer. Hierdie saak sal op 17 Julie in die hoërhof verhoor word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!