#Eseb-bewaringsgebied op koers
Die gebied se hooffokus is toerisme, ’n kampeerterrein en lodge wat deur die gemeenskap besit word.
Die gemeenskap van Okombahe in die Erongostreek, die Daures-kiesafdeling en die !Oe Gan- tradisionele owerheid wil werkloosheid en armoede beveg deur ’n nuwe kommunale bewaringsgebied, #Eseb, te vestig.
Die beplande #Eseb-bewaringsgebied, omring deur die #Gaingu- en Tsiseb-bewaringsgebiede wat dié nuwe inisiatief ondersteun, is volgens die projekbestuurder goed op dreef.
Okombahe is sowat 70 km noord van Karibib langs die Omarururivier geleë.
’n Bewaringsgebiedkomitee is op die been gebring om die gemeenskap te verteenwoordig en mnr. Gerson Gurirab is as projekbestuurder aangestel.
Die bewaringsgebied se hooffokus is toerisme, ’n kampeerterrein en lodge wat deur die gemeenskap besit word, of ’n lodge wat deur ’n gesamentlike onderneming bestuur word. Trofeejag en jagkonsessies is nie uitgesluit nie.
“Die bewaringsgebied het sakebeleggers uit Duitsland ontvang nadat ons rotskuns in die gebied ontdek het en hulle ondersteun die opleiding van komiteelede. Die beleggers het ook aangedui die ou Duitse grafte, kruise en die museum in die ou Duitse gebou langs die kliniek sal opgeknap word," het Gurirab gesê.
“Ons het ’n samewerkingsooreenkoms met die Sorris Sorris-bewaringsgebied gesluit en die komitee het opleiding van Elephant Human Relations Aid (Ehra) in die Sorris Sorris-gebied ontvang.”
Alle sokkerspanne in die gebied is uitgenooi om aan ’n skoonmaakveldtog deel te neem.
Die Erongo Mountain Rhino Sanctuary Trust en Herzog Hunting Safaris word bedank vir sap wat hulle tydens die veldtog geskenk het.
“Opleiding aan wildbewaarders en teen stropery sal ook binnekort op Okombahe begin en nóg 'n beleggersdag sal in die naby toekoms plaasvind,” sê Gurirab.
Wetenskaplikes soos botaniste, slangkenners en geoloë word ook uitgenooi om hul insette te lewer.
Vir verdere navrae, kontak Gurirab per e-pos by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie