Eskom aan Zim: Eers die geld, dan die krag
William Horne – Zimbabwe klop al harder aan Eskom se deur vir meer elektrisiteit, maar sonder betaling sal dié land eers in die donker moet bly, sê Eskom.
Suid-Afrika se noordelike buurman het ’n week gelede beloof hy sal $10 miljoen van sy agterstallige skuld aan Eskom betaal sodat die kragreus weer elektrisiteit daarheen sal uitvoer.
Dié beloofde geld is egter nog soek, sê Eskom.
Zesa, Zimbabwe se staatsbeheerde kragvoorsiener, skuld Eskom R480 miljoen. Zesa het in Oktober laas ’n paaiement aan Eskom betaal.
Zimbabwe ervaar tans ’n enorme kragkrisis en sukkel toenemend om die ligte aangeskakel te hou. Die land pas sedert Mei beurtkrag van tot 19 ure per dag toe, berig eNCA.
Weens die gebrek aan betaling het Eskom in die laaste paar maande sy uitvoer van elektrisiteit na Zimbabwe tot slegs 50 MW beperk. Die kragreus voer gewoonlik 450 MW na Zimbabwe uit.
Zimbabwe benodig sowat 1 700 MW om aan sy behoeftes te voldoen en wek self net 1 200 MW op, berig Fin24.
Dit bring die land se elektrisiteitstekort op sowat 500 MW te staan.
Eskom doen egter sy belofte gestand en weier om enigsins meer krag na Zimbabwe uit te voer alvorens hy minstens ’n deel van sy skuld delg.
Zesa het vroeër beloof hy sou vandeesweek nog bykans ’n kwart van sy totale skuld aan Eskom delg. Dié belofte is nooit voltrek nie.
“Sodra Eskom die geld ontvang, sal ons weer met Zesa gesels,” sê Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom.
Zesa, wat hoofsaaklik van kragopwekking by sy hidroëlektriese eenheid by die Karibadam afhanklik is, sukkel tans om weens ’n ernstige droogte genoeg elektrisiteit op te wek.
Dié dam se watervlak is tans op 28%; dieselfde tydstip verlede jaar was dit 86%.
Fortune Chasi, Zimbabwe se energieminister, het verlede maand gewaarsku dat die lae damvlak verskriklike gevolge vir die land se kragtoevoer inhou.
Binne nog tien weke sal die dam se watervlak moontlik so laag wees dat die eenheid nie meer enige krag sal kan opwek nie.
Zimbabwe voer krag van Mosambiek af in, maar skuld dié land nog meer as Suid-Afrika.
Derhalwe voer Mosambiek nou ook net 50 MW na Zimbabwe uit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie