Eskom 'bus sonder brieke', meen ontleder
Charné Kemp
Tshepo Kgadima, 'n onafhanklike politieke en ekonomiese ontleder, sê indien hulle sy aanbevelings van Januarie 2018 toegepas het, was Eskom dalk nie nou in so 'n benarde posisie nie.
Dit kom nadat die kragverskaffer Maandagaand fase 6-beurtkrag moes toepas om die stelsel van ineenstorting te red.
Hy meen Suid-Afrika ry in 'n “bus sonder brieke wat sonder rybewyse deur die minister van openbare ondernemings (Pravin Gordhan) en Eskom se voorsitter (Jabu Mabuza) bestuur word”.
“SoWeTo now? Dit ly geen twyfel dat die SadAfricanRepublic-bus naby die afgrond is nie.
“Die ongekende fase 6-beurtkrag wat Maandag ingestel is, is die gevolg van 'n giftige mengeldrankie van hardkoppige en dwase besluite.
“Een daarvan was om die ou kragstasies voortydig uit diens te stel. Nog 'n kwelpunt is die peperduur kontrakte met onafhanklike kragverskaffers wat nie elektrisiteit lewer nie omdat hul stelsels ongeskik vir Eskom se netwerk is.
“Dit is vererger deur die tariefverhoging van 500% oor die afgelope tien jaar wat die vraag na elektrisiteit laat daal en grootskaalse afskaling van nywerhede tot gevolg gehad het, om met enkele probleme te noem.
“Suid-Afrika word deur 'n algehele donkerte wat tot drie weke kan duur in die gesig gestaar. Eskom moet in sakeredding geplaas word.
“Die minister van openbare ondernemings en die Eskom-direksie moet afgedank word en strafregtelik van pligsversuim aangekla word.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie