Eskom-donkerte daal op die Leeus neer
Superrugby
Christo Buchner - Die Super-rugbyreeks het vir die Leeus op ’n baie vals noot begin, toe die Jaguares hulle Saterdag in Buenos Aires met 38-8 oorrompel het.
Die wenspan was rustyd net met 10-8 voor, maar in die tweede helfte was daar net een span op die veld, en dit was beslis nie die Leeus nie.
Het die Leeus met rustyd slaappille ingekry? Of is hulle met ’n verdowingsmiddel ingespuit?
Die besoekers was in die eerste helfte selfs met 8-7 voor, maar daarna was die Jaguares ’n kat van ’n ander kleur en het hulle 31 onbeantwoorde punte aangeteken.
Ivan van Rooyen, die nuwe afrigter, het uit Buenos Aires laat weet dat die teleurstelling baie groot is.
“Ons het baie goeie dinge in die eerste helfte gedoen en die druk op hulle geplaas, maar in die tweede helfte is al hoe meer foute begaan en het ons ook nie in die vaste fasette gedoen wat ons moes nie.
“Dit is nie ’n lekker manier om die reeks af te skop nie, maar ons keer nou terug huis toe en sal wil regmaak vir die volgende wedstryd (Saterdag) teen die Reds. Daar is baie herstelwerk om te doen,” sê hy.
Daar was twee gevalle, net voor en ná rustyd, waar swak besluitneming die Leeus duur te staan gekom het.
Net voor rustyd het die Leeus ’n strafskop binne trefafstand gekry, maar Elton Jantjies, die kaptein, het besluit hy skop eerder hoekvlag toe as om pale toe te gaan, wat die Leeus met die draaislag met 11-10 kon laat voorloop het.
Die Leeus het die gepaardgaande lynstaan verloor en so ook ’n gulde kans om neus voor te kry.
Net ná rustyd is die Jaguares se Marcos Kremer met ’n geelkaart gestraf nadat hy Jannie du Plessis by ’n losgemaal met die skouer uit die pad geloop het.
Van die strafskop af het Jantjies weer nie pale toe geskop nie en eerder die kantlyn opgesoek, maar die bal agter die hoekvlag uitgeskop.
Die Jaguares het met net 14 spelers op die veld vanaf daardie skrum waar die strafskop toegeken is, gaan druk en daarna was dit nag vir die Leeus.
Hul gebrekkige verdediging van die laaste twee seisoene volg hulle soos ’n skaduwee en soms het dit gelyk asof hulle raakrugby speel wat hul keerwerk betref.
Die tuisspan kon na hartelus deurwals om uiteindelik vyf drieë te druk.
Ondersteuners van die Leeus kan tereg vra of dit wat Johan Ackermann en Swys de Bruin die laaste sewe jaar by die Leeus opgebou het, nou in die wind gestrooi gaan word.
Vertonings soos hierdie gee die doemprofete al hoe meer skietgoed dat Leeus-rugby nou op rolskaatse teen ’n steil afdraande op pad is.
Daar sal vinnig besin moet word om die Rooibont-skip weer in veiliger waters te kry.
* Puntemakers:
Jaguares (10) 38: Drieë: Domingo Miotti, Matias Moroni (2), Javier Ortega Desio, Agustin Creevy. Doelskoppe: Miotti (5). Strafdoel: Miotti
Leeus (8) 8: Drie: André Warner. Strafdoel: Elton Jantjies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie