Eskom gaan krag na nu00f3g u2019n buurland uitvoer
Eskom gaan krag na nu00f3g u2019n buurland uitvoer

Eskom gaan krag na nóg ’n buurland uitvoer

Zambië het ’n tekort van 700 MW krag het, oftewel ’n derde van die totale vraag na elektrisiteit in die land.
William Horne – Suid-Afrika se beleërde kragreus is besig om ’n versoek van Zambië vir ongeveer 300 megawatt (MW) krag af te handel.

Dikatso Mothae, woordvoerder van Eskom, het Woensdag aan Netwerk24 bevestig dat die versoek in die finale fase van onderhandeling is.

Bloomberg het berig dat Webster Musonda, waarnemende besturende direkteur van Zambië se staatsbeheerde nutsmaatskappy, Zesco, Dinsdag die ooreenkoms in Lusaka aangekondig het.

Mothae sê aangesien die onderhandelinge nog nie gefinaliseer is nie, kan Eskom nog nie self die besonderhede daarvan deel nie.

Maar Musonda het in Lusaka gesê dat Zambië ’n tekort van 700 MW krag het, oftewel ’n derde van die totale vraag na elektrisiteit in die land. Hy versoek dus 300 MW vir ses maande van Eskom.

Droogte

Zambië maak staat op hidroëlektriese-kragopwekkers vir 99% van sy opwekkingskapasiteit.

Maar weens die einste droogte wat vroeër vanjaar gelei het tot versoeke van ook Zimbabwe om aan te hou krag vanuit Suid-Afrika in te voer, is Zambië nou te midde van sy eie kragkrisis.

Volgens Zesco se webwerf is die nutsmaatskappy se opwekkingskapasiteit tans gehalveer weens die verwoesting wat die droogte op sy damme het.

Die grootste dam, die Karibadam, wek tans net 275 MW van sy veronderstelde 1 080 MW op. Dié dam bevat ook die belangrikste hidroëlektriese opwekker vir Zimbabwe se Zesa-nutsmaatskappy.

Zesco se webwerf bevat tans beurtkragskedules wat meer as agt ure se kragonderbrekings per dag in Zambië aankondig.

In ’n land wat die tweede grootste koperbedryf in Afrika het, is so ’n enorme tekort aan elektrisiteit nie net ongerieflik nie, maar ook rampspoedig vir sy belangrikste nywerhede.

Lewensvatbaarheid

Mothae kon nie bevestig of Eskom stappe doen om te verseker dat Zesco betyds sal betaal vir die 300 MW krag wat hy wil invoer nie.

In Junie het Eskom gedreig om die uitvoer van 450 MW se krag aan Zimbabwe te staak indien sy staatsbeheerde nutsmaatskappy nie begin het om R480 miljoen se skuld aan Eskom af te betaal nie.

Zesa het toe al agt maande lank geen betalings aan Eskom gemaak nie, en Eskom het toe dienooreenkomstig sy uitvoer tot slegs 50 MW beperk totdat Zesa ’n paaiement van $10 miljoen gemaak het.

Volgens Musonda se aankondiging is die versoek dat Eskom reeds in Oktober sal begin met die uitvoer van krag na Zambië, berig Bloomberg.

Eskom se nuwe Somerplan beoog om beurtkrag vir Suid-Afrikaners geheel en al te vermy vir die volgende ses maande. Die veiligheidsmarge vir dié beraming is egter slegs tussen 1 000 MW en 2 000 MW.

Eskom verwag dat 8 500 MW se onbeplande onderbrekings kan geskied sonder dat daar ’n wesenlike risiko vir beurtkrag kan ontstaan. As dié syfer egter tot 10 500 MW verswak, sal Suid-Afrika waarskynlik weer in die donker vakansie hou oor Desember.

Zesco se kragversoek is tussen 15% en 30% van die totale veiligheidsmarge van Eskom se somerplan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!