Eskom is grootste risiko vir staat se geldsake – Tito
Die kragvoorsiener is tans nie volhoubaar nie en sal nie sy verpligtinge vir die lopende boekjaar kan nakom as die regering nie ingryp nie, maan Mboweni.
Francois Williams - Belastinginkomste kan aansienlik minder wees as wat verwag is in die lopende boekjaar. Dit sal beteken die regering sal aansienlik meer geld moet leen, wat sal beteken hy sal sy finansieringstrategie en sy weeklikse effekteveilings voor die volgende mediumtermynbegrotingsraamwerk moet hersien.
Só het Tito Mboweni, minister van finansies, gewaarsku toe hy in die parlement aangekondig het dat Eskom vanjaar altesaam R49 miljard van die staatskas kry en volgende jaar nog R56 miljard.
Benewens die R23 miljard per jaar vir tien jaar wat in die Februarie-begroting aangekondig is, het Mboweni Dinsdag gesê R26 miljard ekstra vir die lopende boekjaar en R33 miljard ekstra vir die 2020-’21 boekjaar is nodig.
Die ekstra bedrae is vervat in die spesiale toedelingswetsontwerp wat Mboweni Dinsdag in die parlement ingedien het.
Eskom is die grootste risiko vir die staatsfinansies weens sy geldkrisis en sy invloed op die lewe van gewone Suid-Afrikaners, sê Mboweni.
Die veelbesproke herstruktureringshoof wat by Eskom aangestel gaan word, sal later Dinsdag aangekondig word.
MODERNE WêRELD
Eskom is tans nie volhoubaar nie en sal nie sy verpligtinge vir die lopende boekjaar kan nakom as die regering nie ingryp nie, maan Mboweni. Eskom se sakemodel sal egter ook moet verander. ’n Groot staatsbeheerde kragmaatskappy is nie meer paslik en volhoubaar in die moderne wêreld nie.
Voordat Mboweni kon praat is verrigtinge eers vertraag deurdat John Steenhuisen, DA-hoofsweep, beswaar gemaak het teen wat hy noem ’n rubberstempel-proses om die toedelingswetsontwerp oor Februarie se begroting goedgekeur te kry.
Volgens hom het die DA sinvolle wysigings voorgestel om ekstra geld vir die polisie en ander noodsaaklike dienste te gee uit die begroting sonder om die begrotingstekort te vergroot, maar dit is geïgnoreer.
Ná ’n stemming het die ANC-meerderheid Steenhuisen se besware van die hand gewys.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie