Eskom: Kenner ‘verbyster’ oor beurtkrag in vakansie
Die kragreus se woordvoerder sê die gereelde berigte oor groot verhogings en bonusse is vir werknemers “baie ontmoedigend”.
Hanlie Stadler – Geen bonusse is dié jaar aan Eskom-werknemers betaal nie, sê Dikatso Mothae, Eskom-woordvoerder, ná berigte dat belastingbetalers oor die volgende vier jaar vir R1,8 miljard se bonusse by dié sukkelende staatsonderneming moet pa staan.
Die nuus oor die beplande bonusse vir 2019 tot 2022 kom uit hofstukke wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) as teenvoeter vir Eskom se dringende hofaansoek teen sy besluite oor tariefverhogings ingedien het.
As Eskom se dringende aansoek volgende week slaag, sal kragtariewe in April en weer in April 2021 met sowat 16% styg, pleks van 8,1% en 5,22% wat Nersa bepaal het.
Die saak word aangehoor kort nadat ’n nuwe vlaag beurtkrag Suid-Afrikaners sedert Saterdag warm onder die kraag het – en dít kort voordat duisende mense Maandag terugkeer werk toe.
Mothae sê die berigte wat gereeld opduik oor hoeveel Eskom-werknemers verdien – groot verhogings en bonusse – is vir werknemers “baie ontmoedigend”.
Eskom het in die 2017-boekjaar ’n verlies gely nadat hy bonusse van R4,2 miljard uitbetaal het. In 2016 het prestasiebonusse R2,1 miljard beloop, berig Rapport.
Verlede jaar het Eskom nie amptelik prestasiebonusse toegeken nie en geweier om dit “bonusse” te noem, maar ná stakings tog ingestem om ’n “eenmalige betaling” van R10 000 ná belasting aan meer as 30 000 werkers te gee. Dit was bo en behalwe loonverhogings van 7,5% per jaar vir drie jaar.
Groot druk op kragnetwerk
Intussen is die risiko vir beurtkrag in die komende week baie hoog.
Sondag om 06:30 was net minder as 15 000 MW se opwekkingsvermoë van lyn af, het Mothae aan Netwerk24 gesê. Sy sê tegnici werk heeldag volstoom om dié syfer tot onder 9 500 MW te kry, maar hulle sal eers Sondagaand ’n aanduiding hê wat oor die stand van die kragnetwerk Maandag sal wees.
Waarom 9 500 MW saak maak
’n Kapasiteit van 9 500 MW is die hoeveelheid opwekkingsvermoë wat Eskom as ’n veilige marge beskou voordat beurtkrag ’n hoë risiko word. Verlede week was baie meer as dít byna elke dag van lyn af, maar beurtkrag is afgeweer danksy die feit dat baie ondernemings steeds vir die vakansie toe was.
Die vraag in die week tussen Kersfees en Nuwejaar, oftewel week 52 of 53 van elke jaar, is altyd die laagste in enige jaar, sê die kragkenner Chris Yelland, uitgewer van EE Publishers.
Yelland meen dit is hoogs onwaarskynlik dat Eskom daarin sal slaag om die hoeveelheid opwekkingsvermoë wat van lyn af is binne ’n dag van 15 000 MW tot 9 500 MW te verminder.
Aan die positiewe kant, sê hy, hoewel sommige vervaardigers en ondernemings Maandag hul deure oopmaak, is die vraag in die eerste week van ’n nuwe jaar nog nie “normaal” nie. Dit styg effens, en nog meer in die tweede week, maar die grootste styging in vraag kom in die derde en vierde week van die nuwe jaar – dus vanaf 20 Januarie – wanneer haas almal weer terug is by die werk of by die skool en alle fabrieke en myne weer hul volle produksievermoë begin bereik.
Yelland sê in die middel van Januarie elke jaar word tot 4 000 MW méér krag as oor Kersfees weer van die netwerk vereis.
Mothae sê sy verkies om nie op Maandag of selfs die volgende weke te fokus nie, maar om na die groter prentjie te kyk. Sy sê Eskom was die afgelope ruk eerlik oor hoe beperk en kwesbaar die kragnetwerk weens jare en jare se agterstallige onderhoud is.
“Dit gaan nie oornag reggemaak word nie. Dis ’n langtermynprobleem. Daar is ’n herstelplan, maar dit sal twee jaar duur voordat die doelwitte van die herstelplan verwesenlik word. In dié twee jaar sal Suid-Afrikaners van tyd tot tyd beurtkrag ondervind.”
Die jongste vlaag beurtkrag (van fase 2) het Saterdagaand begin toe die vervoerband wat steenkool na Medupi vervoer vir die tweede keer vanjaar gebreek het. Dit was ook in Oktober die geval.
Byna 16 000 MW se krag was Saterdagnag van lyn af – byna soveel soos die 17 000 MW wat Eskom op 9 Desember genoop het om byna ’n week lange fase 6-beurtkrag in werking te stel.
Yelland vind dit “verbysterend” dat beurtkrag in die week met die laagste vraag na krag in die hele jaar nodig was. Hy sê dit lyk nie asof pres. Cyril Ramaphosa se sogenaamde “krygsraad” vir Eskom enigsins in die vakansietyd vergader het nie, wat dit laat lyk asof die regering steeds nie verstaan hoe groot die noodsituasie in Eskom is nie.
Ramaphosa het vroeër belowe dat daar van 15 Desember 2019 tot 15 Januarie 2020 geen beurtkrag sou wees nie – ’n belofte wat nou verbreek is.
Intussen het André de Ruyter, Eskom se nuwe uitvoerende hoof, aan Rapport bevestig dat hy Maandag (6 Januarie) amptelik by sy kantoor in Megawattpark intrek. Hy het wel vanaf Kersdag verskeie kragstasies besoek nadat hy versoek is om so vroeg as moontlik te begin werk. De Ruyter wou geen van sy planne vir Eskom bekend maak voordat hy met die werknemers gepraat het nie.
28 dae-reël
Yelland sê Eskom se kommunikasie oor die probleme met sy netwerk is baie swak. Min inligting oor probleme word deurgegee en dinge is glad nie deursigtig nie. Dis heeltemal anders as in ander lande, waar nutsmaatskappye in groot besonderhede inligting oor netwerkprobleme verskaf.
Dié gebrek aan kommunikasie maak dit moeilik om met sekerheid te sê of beurtkrag in die komende week ingestel sal moet word.
Wat hom wel hoop gee dat dinge “dalk nie so erg is as wat dit lyk nie”, is dat baie van die sogenaamde onvoorsiene onderbrekings eintlik “proaktiewe en strategiese onderhoud is”.
Eskom moet 28 dae kennis gee as hy ’n opwekkingseenheid vir beplande onderhoud wil afskakel. Met dié dat die vraag gedaal het, het Eskom egter eenhede vir “strategiese, vinnige ingrypings” afgeskakel soos om stoomketelpype reg te maak of te vervang.
Word onderhoud behoorlik gedoen?
Eskom gee toe dat “onvoldoende onderhoud oor die jare heen” die kragonderbrekings veroorsaak. Piet van Staden, voormalige voorsitter van die Energie-intensiewe gebruikersgroep (EIUG), het egter aan Rapport gesê die EIUG is diep bekommerd oor die gehalte van Eskom se instandhoudingswerk aangesien eenhede wat ná instandhouding aangeskakel word, dikwels ’n maand later weer breek.
Mothae sê dit is moeilik om genoeg ruimte op die netwerk te vind om beplande onderhoud behoorlik te doen.
Yelland beaam dit. Hy sê sogenaamde strategiese onderhoud is vinnige werk, nie grondige onderhoud nie. Benewens korttermyn-ingrypings (wanneer ’n eenheid dae lank afgeskakel word) en langtermyn-onderhoud (’n geval van weke), moet kragstasies in die middel van hul leeftyd eintlik heeltemal opgegradeer word, wat kan vereis dat dit tot ses maande lank afgeskakel moet word. Die meeste van Suid-Afrika se verouderende kragstasies is nié in die middel van hul leeftyd opgegradeer nie.
Yelland vergelyk die land se steenkoolkragstasies met ’n ou motor wat baie lank met die petrolpedaal plat op die vloer bestuur is sonder dat enige versiening gedoen is. “Dit gaan meer verg as ’n vinnige diens om so ’n motor aan die gang te hou. Die onderliggende probleem is dat die kragstasies oud is en gedruk is om volstoom te werk.”
Dis ’n groot probleem dat kragstasies dikwels aanhou uitskop wanneer Eskom dit ná onderhoud weer wil aanskakel – vir Yelland dui dit deels op probleme met die gehalte van die onderhoudswerk wat gedoen word, maar dis ook ’n aanduiding van die stand van die kragstasies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie