Eskom kry waarnemende voorsitter
Prof. William Makgoba is Woensdagaangewys as die waarnemende voorsitter van Eskom nadat Jabu Mabuza verlede week onverwags bedank het.
Luidens ’n verklaring deur die departement van openbare werke is Makgoba aangestel “in ooreenstemming met die regering se verbintenis tot goeie regering en die stabiliteit van die maatskappy”.
“Prof. Makgoba is ’n voorste wetenskaplike en akademikus wat in 2018 as nie-uitvoerende direkteur by die Eskom-raad aangesluit het.”
Malegapuru William Makgoba is ’n kenner van openbare gesondheid en was voorheen die visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Hy was ook die voorsitter van die kommissie wat die Life Esidimeni-tragedie ondersoek het.
Luidens die verklaring word daar tans hard gewerk aan die herstrukturering van die kragvoorsiener se raad, soos wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydag aangekondig het toe Mabuza se bedanking bekend gemaak is.
Die nuwe raad sal mense met ’n mengsel van ervaring van die elektrisiteitsbedryf, ingenieurswese en korporatiewe bestuurservaring bevat.
In sy bedankingsbrief het Mabuza verskoning gevra vir Eskom se onvermoë om die onderneming na te kom wat hy aan die president, die adjunkpresident en betrokke ministers gegee het op ’n vergadering op 11 Desember dat beurtkrag oor die feestyd vermy sou word.
Ramaphosa het Mabuza bedank vir sy diens en het hom geprys dat hy aanspreeklikheid aanvaar vir gebeure onder sy leiding. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie