Eskom lok ou bestuurder terug vir Kusile-projek
Sarah Evans – Eskom het ’n voormalige senior projekbestuurder van die Filippyne teruggebring om die Kusile-bouprojek te kom bestuur.
Avin Maharaj het Eskom in 2017 verlaat om vir die Redondo Peninsula Energy-maatskappy van die Filippyne te werk.
Sy aanstelling as projekdirekteur vir die Kusile-projek het 23 Januarie in werking getree, toon interne kommunikasie wat Fin24 gesien het. Hy vervang Binesh Singh, wat tot nou die pos beklee het.
Die Kusile-projek loop deur onder vertragings en is miljoene rande duurder as waarvoor daar aanvanklik begroot is.
Die kragstasie gaan volgens Eskom die vierde grootste van sy soort ter wêreld wees wanneer dit klaar is. Die hoop is dat dit nou in 2023 sal gebeur – agt jaar ná die oorspronklike datum wat vir die voltooiing daarvan gestel is.
Kusile sal uit ses eenhede bestaan. Drie van sy eenhede is reeds met die nasionale kragnetwerk gesinchroniseer wat beteken dat nog drie gesinchroniseer moet word.
Die kragsentrale se oprigting word ook deur grootskaalse korrupsie gekenmerk.
In Desember verlede jaar het die Valke twee voormalige Eskom-bestuurders en die direkteure van verskeie maatskappye in hegtenis geneem in verband met die bedrog met kontrakte, volgens die Sunday Times.
Die Daily Maverick se Scorpio- ondersoekende span het ook ’n fonds ontdek wat kontrakteurs begin het om amptenare van Eskom mee om te koop.
Maharaj kom dus terug na ’n sukkelende maatskappy wat deur talle bekwame personeel en gekwalifiseerde ingenieurs verlaat is.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het verlede week aan Fin24 gesê die gehalte van die bestuurders van kragsentrales het oor die jare afgeneem.
Hy het verwys na bestuur wat oorsee is en kragsentrales soos die een in die Filippyne bestuur.
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het personeel Vrydag in ’n interne brief van die aanstelling ingelig.
Oberholzer sê hy het meer as twee dekades se ondervinding in die bedryf en het al projekte bestuur wat tussen $10 miljoen en $10 miljard beloop het.
Maharaj is in 2007 as ’n senior projekbestuurder van Eskom aangestel en het verskeie nuwe kragprojekte bestuur. Van 2011 tot 2012 was hy ’n uitvoerende projekbestuurder by Medupi. Daarna was hy onder meer in beheer van die oprigting van Eskom se eerste wind- en sonkragstasies en ’n spoorlyn oor 68 km vir die vervoer van steenkool.
Hy het van daar ’n senior bestuurder by die Ingula-pompstasieprojek geword waar hy ’n omkeerstrategie ontwikkel en in werking gestel het ná verskeie ongelukke wat daar voorgekom het. Die projek het die bou van twee nuwe damme ingesluit. – Fin24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie