Eskom su00ea hy het genoeg steenkool
Eskom su00ea hy het genoeg steenkool

Eskom sê hy het genoeg steenkool

Francois Williams - Sewe van Eskom se steenkoolkragstasies het steeds minder as 20 dae se steenkoolvoorraad oor, en Eskom erken dis nie ideaal nie, veral met die naderende winter.

Eskom het Woensdag in ’n verklaring verduidelik wat hy doen om sy steenkoolvoorraad te bestuur.

Hy sê wel die steenkoolvoorraad by meer as die helfte van sy steenkoolkragstasies is bo die teiken van 20 dae, en die totale huidige voorraadgemiddelde is op 35 dae. Dit sluit die Medupi- en die Kusile-kragstasie uit.

Die kragstasies met te min steenkool is Arnot, Tutuka, Majuba, Hendrina, Camden, Kriel en Komati.

Phakamani Hadebe, waarnemende hoof van Eskom, sê dit is nie waar dat beurtkrag dreig weens ’n tekort aan steenkool nie. “Eskom het al 84% van die steenkool gekontrakteer wat hy oor die volgende vyf jaar sal benodig. ’n Herstelplan is ingestel om die korttermyn-wanbalanse reg te stel en die voorraad by die sewe kragstasies te verbeter. Eskom werk aan maniere om steenkoolverkryging by myne te versnel.”

Die omstandighede is nie dieselfde as in 2008 toe Eskom beurtkrag moes toepas nie. Toe is steenkoolproduksie en -lewering deur nat steenkool weens abnormale hoë reënval veroorsaak. Boonop was die kragvraag toe skerp aan die styg, wat steenkoolvoorraad aansienlik verlaag het.

In die eerste week van Januarie 2008 was daar net 12 dae se steenkoolvoorraad by Eskom se kragstasies, en dit het teen Julie 2008 tot 24 verbeter.

Die faktore wat tot die huidige steenkooltekort gelei het, sluit in die onderbesteding aan Eskom se koste-plus-steenkoolmyne weens ’n beperking op kapitaal, en die Tegeta-myne wat in sakeredding is en wat nie genoeg steenkool van die regte gehalte lewer nie.

Hadebe sê Eskom het die nasionale energiereguleerder, Nersa, ingelig oor sy steenkoolprobleme en sy regrukplan. Dit sluit in om ekstra steenkool van ander kragstasies te herlei.

Dit is standaardpraktyk van Eskom om sy waaksaamheid oor alle kritieke prosesse te verskerp met die winter in aantog wanneer daar tradisioneel ’n groter kragvraag is, het Hadebe gesê.

Die voorraadvlakke word daagliks bestuur en dit vorm deel van die kragopwekkingsplan wat herstelwerk en instandhouding by sommige kragstasies insluit, asook die tempo waarteen sommige kragstasies steenkool moet verbrand.

Volgens Eskom word ’n mediakonferensie vir 3 Mei beplan waar hy sy planne vir die winter bekend sal maak. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!