Eskom se R7,7 mjd. einde April ‘te min’
Die grondliggende probleem by die kragverskaffer is die onderneming skep nie genoeg kontant uit sy bedrywighede nie.
Nellie Brand-Jonker – Eskom gaan binne twee weke weer vir geld moet soebat, meen die bedryfskenner Ted Blom oor die staatsonderneming se finansiële situasie.
Die kragmaatskappy het Vrydag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens aangedui sy likiditeitsposisie (hoeveel kontant en bronne soos kontant hy oorgehad het) was einde April R7,7 miljard.
Blom het gesê Eskom het ’n salarisrekening van omtrent R4 miljard per maand. Tesame met kapitale koste (wat op projekte bestee word of belê word in infrastruktuur) benodig Eskom volgens hom sowat R7 miljard.
Hy meen die bedrag kan dalk verhoog tot rofweg R10 miljard om krediteure te betaal wat diesel aan hom verskaf.
“Jy kan nie Eskom bestuur sonder iets in die bank nie. Einde Mei gaan dit zero wees as hulle nou R7 miljard het. Die uiteinde van die saak is dat Eskom se rug teen die muur is. Eskom gaan weer binne twee weke vir geld smeek.”
Olga Constantatos, hoof van krediet by Futuregrowth, het gesê Eskom wil normaalweg ’n likiditeitsposisie van R15 miljard tot R20 miljard hê.
Die likiditeitsposisie van Eskom het die afgelope twee jaar drasties begin daal, volgens haar.
“Mens kan sien hoe dit val. Dit is ’n derde van wat hulle Maart verlede jaar gehad het en die helfte van einde September (met die halfjaar) s’n.”
Jean Pierre Verster, portefeuljebestuurder van Fairtree Capital, meen die R7,7 miljard beteken nie veel nie. Dit kan wees dat korttermynskuldgeriewe daarby ingesluit is.
“Daar kan geen geld in die bank wees nie, maar ’n maatskappy het ’n oortrokke gerief van ’n R100 miljoen en dan sê hulle daar is R100 miljoen in die bank.”
Alastair Herbertson, direkteur van Investec Batebestuur se infrastruktuurfonds vir Afrika, het ook gesê die R7,7 miljard is minder as wat Eskom graag sal wil hê, gegewe wat hy normaalweg teiken.
Eskom het in sy verklaring van Vrydag verwys na die ondersteuning van R17,6 miljard wat die regering in April aan die entiteit verskaf het. Daarna word na die R7,7 miljard se likiditeitsposisie einde April verwys.
Constantatos het gesê dit is nie duidelik uit die verklaring of die R17,6 miljard van die regering al ontvang is nie.
“Indien dit ontvang en bestee is, is dit kommerwekkend as dit is wat hy oor het.”
Blom het egter gesê die R17,6 miljard moet eers deur die parlement goedgekeur word en dit gaan eers gebeur as parlementariërs van hul reses terug is, na verwagting, laat in Junie.
Eskom het Vrydag ook in die verklaring gesê die ongeouditeerde drawaarde van sy totale skuld het einde Maart R440 miljard beloop.
Constantatos het gesê dit is te hoog en bly styg.
Die grondliggende probleem by Eskom is dat die onderneming nie genoeg kontant uit sy bedrywighede skep nie.
Sy het gesê kontant uit bedrywighede het sedert 2017 begin daal terwyl die staatsonderneming ’n reuseskuldlas het.
“Eskom leen al meer geld om sy skuld te diens. Dit is nie ’n volhoubare situasie nie en het van Maart 2017 vinnig verswak.”
Volgens haar is voorspel in die pasafgelope boekjaar het Eskom vir elke R1 se skuld en rente net 50c se kontant uit bedrywighede geskep.
Sommige mense voorspel Eskom gaan ’n verlies van meer as R25 miljard in die boekjaar ly.
Sy het gesê dit gaan interessant wees om te sien wat die ouditeure van Eskom oor die lopende-saak-status van die staatsonderneming vir die boekjaar tot einde Maart 2019 sê. ’n Onderneming is ’n lopende saak as hy sy verpligtinge kan betaal wanneer dit nodig is.
Die resultate word gewoonlik in Julie vrygestel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie