Eskom skors hou00eb oor Kusile-u2018bedrogu2019
Eskom skors hou00eb oor Kusile-u2018bedrogu2019

Eskom skors hoë oor Kusile-‘bedrog’

Masango is ook in November 2017 geskors ná bewerings van ernstige wangedrag.
Hanlie Stadler - Eskom het Abram Masango, hoof van sy kapitaalafdeling, geskors.

Dit hou verband met bewerings van onbehoorlike gedrag met betrekking tot die bouprojek vir die nuwe Kusile-kragstasie naby Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga.

Die skorsing is onmiddellik van krag en is gedoen hangende ’n ondersoek na die bewerings.

Eskom gee geen aanduiding van die presiese aard van die bewerings nie.

“Hoewel ons sy regte erken om as onskuldig beskou te word totdat hy skuldig bevind word, het Eskom se bestuur besluit om hom te skors hangende die uitkoms van die ondersoek weens die ernstige aard van die bewerings en die senioriteit van sy posisie in Eskom,” sê Eskom in ’n verklaring.

“Die direksie en bestuur van Eskom is verbind daartoe om alle bewerings van onbehoorlikheid wat Eskom betrek te ondersoek en mense wat betrokke is, verantwoordbaar te hou as deel van die proses om goeie korporatiewe beheer in ons organisasie te herstel.”

Eskom sou Vrydag in Midrand ’n voorlegging oor die stand van sy kragnetwerk en geldsake hou.

VOORLEGGING

Die nutsmaatskappy het die afgelope ruk gesê beurtkrag dreig omdat hy minder as 20 dae se steenkool by van sy groot kragstasies het. Dis weens probleme met steenkoolkontrakte en hou ook verband met die sakeredding van Gupta-verwante maatskappye soos Optimum Coal.

Masango is ook in November 2017 geskors ná bewerings van ernstige wangedrag. Hy is egter in ’n dissiplinêre verhoor vrygespreek op alle aanklagte en het in Mei vanjaar teruggekeer werk toe.

Masango het toe aangevoer hy is deur Matshela Koko, omstrede voormalige uitvoerende hoof, geteiken juis omdat hy korrupsie by Eskom aan die kaak gestel het.

Masango is een van Eskom se 12 topbestuurders. Eskom het onlangs aangekondig hy gaan sy topvlak herstruktureer en van die bestuurders aflê om geld te spaar. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!