Eskom, staatskuld: Dís wat Cyril nou moet pak
Volgens ’n bekende ekonoom sal die SA regering groot kwessies soos die totale gemors waarin staatsfinansies is, moet aanpak.
Francois Williams – Die verkiesing het niks verander nie, en Suid-Afrika sit steeds met die krisis van staatsondernemings wat ineenstort en die hoë vlakke van staatskuld, waarsku die ekonoom Dawie Roodt.
Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, sê “die uitslag van die verkiesing is breedweg eintlik die beste waarvoor ons kon gevra het want niks het werklik verander nie, en dis waarvan die finansiële markte hou – stabiliteit”.
Roodt meen die kwessie oor die ANC en die EFF wat nou saam ’n tweederdemeerderheid het en dus die Grondwet maklik kan verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is ’n minder belangrike kwessie wat die aandag van veel meer belangrike krisisse in die land aftrek.
Hy verwag dié kwessie sal ná die verkiesing ’n bietjie op die agtergrond wees, want die regering sal baie groter kwessies soos die totale gemors waarin die staatsfinansies is, met skuldvlakke op rekordhoogtes en die staatsondernemings soos Eskom in ’n krisis moet aanpak.
Die eintlike vraag ná die verkiesing is wie nou eintlik in beheer is binne die ANC, en hoe die nuwe kabinet gaan lyk. Gaan die slegte ouens steeds in die kabinet wees?
Volgens Roodt is die debat oor grondonteiening net ’n stof-opskoppery, en die krisisse wat die regering sal moet aanpak, sluit in Eskom, die onderwys, gesondheid en plaaslike owerhede.
Sean Walsh, uitvoerende hoof van die landboumaatskappy Kaap Agri, verwag met die verkiesing agter die rug kan meer sekerheid in die algemeen in die sakesektor verwag word. Dit behoort ruimte vir ’n herstel in sakevertroue en meer belegging te skep. “Meer private belegging is uiters belangrik, aangesien belegging deur die staat alleen nie ’n herstel in die ekonomie sal meebring nie.”
Walsh beklemtoon sekerheid oor grondhervorming en waterregulering is uit ’n landbou-oogpunt nodig om vertroue te skep vir genormaliseerde belegging in die sektor. “Meer vertroue en positiwiteit is ook nodig vir groei in die kleinhandelsomgewing.”
Prof. Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool verwag ook sake- en beleggersvertroue sal ná die verkiesing styg. Parsons hoop die verkiesingsuitslag gee pres. Cyril Ramaphosa nou die ruimte om met strukturele hervormings te vorder.
Die nuwe administrasie sal vinnig op dreef moet kom om werkloosheid en armoede aan te pak met ’n hervormingsbeleid wat positief vir groei is. ’n Groot toets daarvan sal Ramaphosa se keuse vir ’n nuwe kabinet wees. Dit moet ’n geloofwaardige en vaartbelynde kabinet wees, sê Parsons.
Waarnemers het vroeër al gesê Ramaphosa sal eers tot ná die verkiesing wag om sy pogings te begin om die uitvoerende gesag te verklein in die vorm van ’n moontlik kleiner kabinet en ’n vermindering van die aantal staatsdepartemente.
Hy stem saam met Roodt dat die regering vinnig sal moet optree om Eskom en die staatsfinansies reg te ruk, veral om ’n afgradering deur die kredietgraderingsagentskap Moody’s later vanjaar vry te spring.
Die onafhanklike ekonoom Mike Schüssler meen die ANC en die EFF stem nie saam oor onteiening sonder vergoeding nie, so dit is nie so eenvoudig nie. Hy glo die markte verwag Ramaphosa sal nou ná die verkiesing ekonomies veel meer gematig wees, as gekyk word na hoe die rand en die effektemark verstewig.
Schüssler stem saam dat die regruk van Eskom een van die regering se eerste prioriteite moet wees. Personeelgetalle by Eskom en die SAL moet gesny word. Denel se verlieslyende afdelings moet gesluit word. Die korrupsie by Transnet moet gestop word. Die SAL moet weggegee word aan ’n strategiese vennoot en hy moet meer roetes sny wat verliese ly.
Ander dringende stappe is om paspoortvereistes vir buurlande binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie te verslap om die ekonomie vryer te maak, om met die sakesektor in gesprek te tree om vertroue te herstel en by hulle uit te vind wat hulle nodig het om te groei, en om met vakbonde te praat om looneise te temper.
Die regering moet kleinsake-ondernemings bemagtig deur byvoorbeeld gratis opleiding in boekhouding aan te bied, sê Schüssler. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie