Eskom-staking: KVBA gryp in
Elvira Wood - Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sê Eskom en vakbonde het sy aanbod om bemiddeling aanvaar.
Die KVBA het gistermiddag in ’n verklaring gesê Eskom, die National Union of Mineworkers (NUM), Numsa en Solidariteit het sy aanbod om bemiddeling ingevolge art. 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aanvaar.
Cameron Sello Morajane, direkteur van die KVBA, het bevestig ’n senior kommissaris is reeds aangestel om gesprekke, wat vir Donderdag geskeduleer is, te fasiliteer.
Dit kom te midde van ’n loongeskil en ongemagtigde staking deur van Eskom se werknemers.
Eskom het Dinsdagaand laat ’n hofbevel gekry wat lede van die NUM verbied om te staak.
Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die NUM, het daarop gesê hul lede is bewus daarvan dat daar gevolge kan wees as hulle deelneem aan die staking, maar dat hulle opstaan vir hul regte.
Die NUM sê al 15 000 sy lede wat by Eskom werk, staak.
Khulu Phasiwe, woordvoerder vir Eskom, het vroeër in ’n verklaring gesê kraglewering gaan voort. “Daar is geen rede tot paniek nie. Bedrywighede by Eskom sal voortgaan.”
Die vakbond het oorspronklik ’n 13%-loonverhoging geëis, wat teen dié tyd na 10% hersien is. Eskom bied tussen 7% en 9% aan.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge verbied werknemers wat noodsaaklike dienste lewer, soos polisiebeamptes en verpleegkundiges, om te staak. Kraglewering word ook as ’n noodsaaklike diens beskou.
Net minder as ’n derde, ongeveer 15 000, van Eskom se 47 000 werknemers is lede van die NUM.
Cosatu het Woensdag die NUM se besluit om te staak, gesteun en sê in ’n persverklaring hy veroordeel die Eskom bestuur se “onversetlike houding” om die land se howe te gebruik om met sy werknemers te onderhandel.
“Dié kortsigtigheid is die rede dat Eskom tot dusver misluk het om die apartheidloonstruktuur te verander,” sê die vakbond in die verklaring.
Volgens Cosatu is ’n salarisaanpassing van tussen 8,5% en 10% en ’n behuisingstoelae van R3 000 per maand billik.
Die vakbond sê verder dit is kommerwekkend om te sien die regering het tot dusver nie ingegryp nie.
“Dis dieselfde regering wat na Europese hoofstede getoer het en beleggers belowe het ons sal bestendige kragvoorsiening hê as deel van die plan om weer die ekonomie aan die gang te kry.
“Bestendige kragvoorsiening hang van ’n doeltreffende en funksionerende Eskom af, wat nie moontlik is as werkers ongemotiveerd en onderbetaal is nie.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie