Eskom wil opmaak vir laer verkope
Eskom wil opmaak vir laer verkope

Eskom wil opmaak vir laer verkope

Die beleërde Suid-Afrikaanse elektrisiteitsverskaffer, Eskom het die energiereguleerder gevra om tariefverhogings goed te keur.
Al styg Eskom se koste glad nie, sal sy tariewe steeds met 9,4% moet styg om die nodige inkomste te verdien gegrond op die laer verkope van elektrisiteit, sê Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof van Eskom.

Hy het by die nasionale energiereguleerder (Nersa) se openbare sitting oor Eskom se tariefaansoek van 19,9% vir 2018-'19 gesê Eskom kan nie elektrisiteit verniet weggee nie, maar as dié tariefaansoek goedgekeur word, sal toekomstige verhogings nie so skerp hoef te wees nie.

Eskom verwag 'n matige groei in kragverkope tot en met 2024 en dan weer 'n daling, blyk uit 'n grafiek wat Deon Conradie, senior bestuurder: kragpryse by Eskom, gewys het.

Conradie sê hulle het aan die begin van die jaar met groot kragverbruikers gepraat om hul verkope te verstaan.

Eskom het mededingendheid verloor weens die onlangse hoë prysverhogings, sê sy kliënte. Beurtkrag sedert 2008 het tot permanent verlore kragverkope gelei.

Vervoerkoste en swak verkope van groot kliënte se produkte het ook tot verlore verkope gelei want myne en fabrieke het gesluit.

Conradie sê die tarief­aansoek is gegrond op vooruitskattings van verkope.

“Dit is 'n groot uitdaging om te probeer voorspel hoe die ekonomie in September 2018 gaan presteer.”

Hulle gebruik onder meer vooruitskattings van die Wêreldbank oor ekonomiese groei, asook skattings oor kommoditeitspryse om te probeer bepaal hoe die vraag na krag kan groei.

Eskom het 'n program begin om die vraag na krag plaaslik te stimuleer.

Conradie verduidelik die tariefaansoek kom ná vanjaar se kragtariefverhoging van net 2,2%.

Sean Maritz, waarnemende hoof van Eskom, sê dis nie billik om die skuld vir lae ekonomiese groei en al die ander slegte dinge in die ekonomie net op Eskom te pak nie.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!