Esterhuizen 2018 se klubkampioen
Esterhuizen 2018 se klubkampioen

Esterhuizen 2018 se klubkampioen

Resiesduiwe
Die Windhoek Resiesduifklub het die afgelope naweek sy laaste wedvlug vir die jaar gehou. Die wedvlug was vanaf Ariamsvlei (669 kilometer).

Leon Stoop se wenduif in die ope 3 afdeling het 'n gemiddelde spoed van 1503 meter per minuut gehandhaaf. Dit was bykans dieselfde as Hennie Maré se wenduif in die ope 2 wedvlug se gemiddelde 1502 m/minuut.

Die plekke vanaf Ariamsvlei is soos volg behaal:

OPE 3: 1 Leon Stoop eerste en tweede; Hennie Maré derde tot sesde; Jaco Oberholzer sewende; Marius van Zyl agtste en tiende; PW Esterhuizen negende.

OPE 2: Hennie Maré eerste, derde en sewende; Ernst Blaauw tweede; PW Esterhuizen vierde en tiende; Jaco Oberholzer vyfde; Dieter Lucks sesde; Marius van Zyl agtste en negende.

Ná afloop van die klub se laaste wedvlug vir 2018 is PW Esterhuizen die klubkampioen vir 2018. Op die algehele puntestand staan hy op 2559 punte, gevolg deur Hennie Maré op 2106. Derde was Jaco Oberholzer (1896), net 'n paar punte voor C&A Visser (1861) en Dieter Lucks (1843).

Belangstellendes is welkom om op die webblad www.wrdknam.com op die hoogte van die klub se bedrywighede te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!