Etendeka Mountain Camp pas by landskap in
Etendeka Mountain Camp is een van die inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.
Die kamp is ontwerp om esteties én ekologies met die landskap saam te smelt.
Die belangrikste kenmerk van Etendeka is duidelik die natuur self.
Die omgewing se basalt-rotse is opmekaargestapel in 'n draadstruktuur om tekstuur aan die hoofgebou se mure te verskaf. Die lyne is skoon en verwelkomend met 'n oopplanontwerp wat uitkyk op die eindelose berge wat eeue gelede deur vloeiende lawa gevorm is.
Etendeka Mountain Camp was een van die eerste lodges wat deur Eco Awards Namibia geëvalueer is en het die afgelope nege jaar vyf blomme (die hoogste toekenning) verwerf.
Tydens die mees onlangse volhoubaarheidsevaluering het Etendeka volpunte vir gidse, bewaring, energie en water gekry.
Met dié evaluering het Etendeka Mountain Camp gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.
Finaliste vir toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie