Ethiopië-moord: Liggame van kinders gerepatrieer
Die liggame van die twee Namibiese kinders wat glo verlede week deur hul ma in Ethiopië vermoor is, sal môre na Namibië gerepatrieer word.
Namibië se ambassadeur in Ethiopië en permanente verteenwoordiger by die Afrika-unie, me. Emilia Mkusa, het gister bevestig die proses om die liggame te repatrieer, is gefinaliseer.
“Ek het die polisieverslag ontvang wat my magtig om die liggame te repatrieer. Die repatriasieproses is voltooi en die liggame sal môre na Namibië terugkeer,” het Mkusa gesê.
Die twee kinders, Jenay (9) en sy drie-jarige suster, Jane Haufiku, is na bewering op 12 Desember deur me. Kristofina Amutenya, hul ma en die voormalige vrou van die Namibiese handelsattaché, mnr. Paulus Haufiku, in sy ampswoning in Addis Abeba vermoor.
Amutenya het Maandag in 'n Ethiopiese hof verskyn en die saak is tot 'n latere datum uitgestel.
Sy is tans in polisieaanhouding in Addis Abeba. - Nampa
Foto: Namibië se ambassadeur in Ethiopië en permanente verteenwoordiger by die Afrika-unie, me. Emilia Mkusa. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie