Ethiopië se nuwe president fokus op vrede, vroueregte
Ethiopië se eerste vrouepresident wat hierdie week deur die parlement aangestel is, het in haar intreerede die noodsaaklikheid om vrede te bevorder, beklemtoon: “Ek versoek u almal om vrede te handhaaf.”
Sahle-Work Zewde (69) het ook belowe om hard te werk om geslagsgelykheid 'n werklikheid in Ethiopië te maak, berig die BBC.
Haar aanstelling word beskou as 'n nuwe standaard vir vroue in die Oos-Afrika-land, sê Abiy Ahmed, Ethiopië se premier.
Boonop is die helfte van die kabinet vir vroue geoormerk.
Zewde was die spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal by die Afrika-unie en hoof van die VN-kantoor by die Afrika-unie, berig Daily Maverick.
ONLANGSE ETNIESE SPANNING
Hoewel dit hoofsaaklik 'n vreedsame nasie is, het Ethiopië onlangs gewelddadige protesoptogte en etniese spanning beleef, wat een van die hoogste interne verplasings in Afrika tot gevolg gehad het.
Zewde vervang Mulatu Teshome, wat onlangs bedank het.
Abiy het die land se kabinet tot 20 verminder en die helfte van die poste aan vroue gee. Die minister van verdediging is ook 'n vrou, wat nog 'n eerste vir die land is.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie