Etiek en afleggings hou hoofde wakker
Etiek en afleggings hou hoofde wakker

Etiek en afleggings hou hoofde wakker

Suid-Afrikaanse uitvoerende hoofde is na die gebeure van 2017 al bekommerder dat etiese skandale by hul maatskappye ontbloot kan word.
Elvira Woods – Altesaam 41% van uitvoerende hoofde by maatskappye in Suid-Afrika verwag dat hulle vanjaar werkers gaan moet aflê om kop bo water te kan hou.

Dit is volgens PwC se jaarlikse verslag oor die vooruitsig wat uitvoerende hoofde vir hul maatskappye vir 2017 het.



In 2017 het groot maatskappye soos KPMG, McKinsey en MultiChoice deurgeloop oor hul etiese gedrag rakende werk wat hulle vir Eskom of maatskappye wat aan die Gupta-familie behoort, gedoen het.

“Dit is opmerklik dat 22% van Suid-Afrikaanse uitvoerende hoofde, teenoor die 14% internasionaal, sê hulle is besonder bekommerd oor die kans dat etiese skandale ontbloot kan word,” sê Dion Shango, uitvoerende hoof van PwC in Suidelike Afrika.

Ander kwessies waaroor uitvoerende hoofde besonder bekommerd is sluit maatskaplike onsekerheid (95%), oor-regulering (93%), werkloosheid (93%), onsekerheid oor ekonomiese groei (93%), wisselvalligheid van die wisselkoers (90%) en populisme (88%) in.

Sowat 41% van uitvoerende hoofde is verder ook uiters bekommerd oor die beskikbaarheid van relevante vaardighede in hul sektore.



PwC het in die vierde kwartaal van 2017 onderhoude met 41 uitvoerende hoofde uit verskeie sektore gevoer.

Die gevolg is dat net 22% van Suid-Afrikaanse uitvoerende hoofde baie positief is oor die korttermyntoekoms vir hul maatskappye.

“Hierdie is die laagste vertrouensvlak tot dusver sedert die peiling se ontstaan in 2009.

“Dit is 12 persentasiepunte laer as 2016 en selfs laer as die 23% in 2009,” sê Shango.

Hy sê dit is veral weens onsekerheid oor politieke stabiliteit en beleid.

“Die mynbousektor is spesifiek ’n goeie voorbeeld waar vertroue vir groei oor korttermyn laag sal wees.

“Die hofgeding oor die mynbouhandves wys hoe onseker dié sektor oor die toekoms is.”

Wanneer daar na die mediumtermyn gekyk word, sê Shango meer uitvoerende hoofde (91%) is positief oor die toekoms. Dit is egter ook die tweede laagste vlak van vertroue sedert 2009 en laer as die 97% van 2017.

AFLEGGINGS

PwC se navorsing toon 59% van uitvoerende hoofde voorspel kostebesparing gaan ’n belangrike rol in 2018 in hul maatskappye speel.

“Ongelukkig kan ’n mens dus verwag maatskappye gaan werkers aflê omdat dit tipies deel vorm van kostebesparing,” waarsku Shango.

Die peiling toon ook 41% van uitvoerende hoofde sê hulle gaan waarskynlik werkers aflê teenoor die 14% wat aan die einde van 2016 so gesê het.

Net 37% van uitvoerende hoofde het aan die einde van 2017 beplan om meer werkers aan te stel teenoor die 58% van ’n jaar tevore.

POLITIEK

Shango sê dié peiling is verlede jaar voor die ANC se nasionale konferensie waar adj.pres. Cyril Ramaphosa tot nuwe leier van dié party gekies is, gedoen.

“Dit sal interessant wees om nou weer hierdie peiling te doen en te sien hoe Ramaphosa se verkiesing uitvoerende hoofde se vooruitsig beïnvloed het.

“Die sentiment oor Suid-Afrika het definitief reeds verbeter. ’n Mens hoef net na die rand te kyk om te sien hoeveel dit sedert Ramaphosa se verkiesing verstewig het,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!