Etiket kan wu00eareldvrede help bewaar
Etiket kan wu00eareldvrede help bewaar

Etiket kan wêreldvrede help bewaar

Etiket
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - As ek die wenner van 'n skoonheidskompetisie sou wees, sou ek in my aanvaardingtoespraak sê ek wil my beywer vir wêreldvrede en goeie maniere. Eersgenoemde om voor-die-hand-liggende redes en laasgenoemde omdat dit sinoniem met sukses op alle gebiede in die lewe is – miskien 'n belangrike element van wêreldvrede!

Wanneer mense 'n groep vorm, ontwikkel hulle etiketreëls. Selfs diere wat in 'n trop bly, volg 'n sekere protokol.

Ek dink daar is baie wonderlike mense wat hulself isoleer en hulle ongewild maak deur hul slegte maniere. Terwyl 'n mens kinders kan betig oor slegte maniere (wat nie toegelaat moet word om in slegte gewoontes te ontaard nie), is dit nie so maklik om volwassenes op dieselfde wyse te korrigeer nie. Die beste manier is miskien om die onderwerp op 'n ligte trant aan te roer.

Terwyl 'n edel inbors en goeie karakter 'n gawe van die natuur is, is goeie maniere 'n kuns binne almal se bereik. Die oorsprong van goeie maniere kan maklik opgespoor word, dit spruit en het ontwikkel uit die gewoontes van 'n beskaafde kultuur.

Die Japannese het pragtige maniere. Hul geheim is 'n skoolkurrikulum wat in die eerste drie jaar van kinders se skoolloopbaan uitsluitlik op etiket en karakterbou fokus. Op hierdie manier sorg hulle dat hul kinders beleefd en respekvol is en verhoed hulle 'n menigte sosiale probleme. Dit is tog eintlik eenvoudig om al in die sandput vir kinders te leer om asseblief en dankie te sê, nie speelgoed af te vat nie, nie te jok nie, niemand seer te maak nie en nie te veel rumoer nie.

Volgens 'n NBC-nuusartikel het Japannese toeskouers by die 2014-Sokkerwêreldbeker hul deel van die stadion na die wedstryd opgeruim nadat hul span deur die Ivoorkus oorwin is. Hulle het na die wedstryd opgeruim en só gewys dit is moontlik om met grasie te verloor en respek vir die omgewing te hê.

Etiket is 'n manier om aangename sosiale verhoudinge te fasiliteer, veral tussen persone van verskillende kulture. In die alledaagse lewe is 'n mens se bedoelings egter belangriker as die streng nakoming van reëls, veral om gaste op hul gemak te laat voel. As jy ooit vind dat jy meer aandag aan protokol skenk as die gees van gasvryheid, onthou dat een van die wesens wat die mees slaafse vervolgers van die ingewikkeldste rituele van protokol is . . . die gans. Daar is glo 'n gansspesie waarvan die hofmakery so lank en kompleks is, dat die manlike gans te uitgeput is om die werklike daad uit te voer!

Indien alle mense die voldoende sterkte van karakter besit om te alle tye goeie maniere te handhaaf, kan baie interpersoonlike probleme vermy word. Dit kan nie genoeg gesê word dat enige respek stadig doodgewurg kan word in die sig van slegte gedrag (die lys van moontlike oortredinge is te lank om te noem) of afstootlike tafelmaniere nie.

Op die lange duur is slordigheid, onbedagsaamheid en onbetaamlikheid onuithoudbaar, en goeie maniere behoort direk na liefde en respek as die beste resep vir blywende en gelukkige menseverhoudinge geplaas te word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!