Etlike dorpe voor afgronde
In Vrydag se uitgawe was die hoofopskrif van ons leiberig “Okahandja voor afgrond”.
Gemeet aan goeie bestuur, administrasie, skuld, ontwikkeling, stokou infrastruktuur wat die gees gee, korrupsie en die wanaanwending van skaars hulbronne verkeer verskeie dorpe en nedersettings, voor ‘n afgrond. Net die tyd verskil voordat hele gemeenskappe se toekoms dalk ingesluk word.
Vandag berig ons oor Rehoboth en daar is talle raakpunte. Beide dorpe boer al lank om verkeerde redes in die nuus.
Vergaderings om inwoners op hoogte van sake te hou en – sonder skroom – feite te deel, is belangrik. Minstens praat Rehoboth se mense nou weer?
Goeie vordering is gemaak om die dorp se waterskuld tot N$3 miljoen te verminder. As daar meer as 4 000 “kragdiewe” op ‘n dorp is, spreek dit ongelukkig glad nie van goeie bestuur en administrasie nie.
Dorpe se totale, agterstallige skuld aan NamWater beloop glo sowat N$230 miljoen. Van die skuld is etlike jare oud. Die afskryf van skuld en selfs rente, is nie die beste oplossing nie.
Op Okahandja geskied nie die soort gesprekke wat intussen op Rehoboth begin het nie. Die dorp se gemeenskapsforum sê tereg ekonomiese ontwikkeling moet die kompas stel.
Goeie bestuur en administrasie verg vaardighede. Daarsonder kan geen regrukplan slaag nie.
Politieke twiste, sê Republikein opnuut, mag nie bestuur en vooruitgang lamlê nie. Rundu is ‘n ander voorbeeld hiervan.
Politieke binnegevegte en die onvermoë om dissipline te handhaaf, mag nie dorpe gyselaar hou nie.
So sê ander
9 Maart 2020
Dit lyk na Biden as uitdager vir Trump
Met die uitslae van die sogenaamde Super Tuesday – voorverkiesings in 14 deelstate – het die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing duidelikheid gegee in ’n verwarrende proses.
Die sentristiese Joe Biden, visepresident onder Barack Obama, het ’n onomwonde sege behaal oor sy vernaamste teenstander in die Demokratiese Party. Hiermee lyk dit of die gematigde vleuel in die Demokratiese Party die oorhand oor die wilde sosialisme van die linkervleuel gekry het.
Meningspeilings wys dat Biden die een mens is wat Amerikaners bo Trump kan verkies en hy loop tans voor indien hy met Trump vergelyk word.
Dit is egter te gou om nou al ’n wenner aan te wys. Baie kan in die volgende agt maande gebeur.
In die algemeen kan ’n mens wel jou verwondering uitspreek dat ’n land wat só bruis van die energie en daadkrag soos Amerika sulke swak kandidate oplewer.
Biden kan met die beste wil in die wêreld nie as ’n dinamiese persoon beskryf word nie. Daarteenoor weet Trump hoe om ’n harde verkiesingsveldtog te voer, al is dit besaai met boelie- en beledigingstaktiek.
’n Sittende president se lot is meermale onderworpe aan die stand van die ekonomie.
Wat wel seker is, is hier kom ’n harde en naelbytstryd tot die einde.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie