Etlike miljoene vir droogtereaksieplan gesoek
Etlike miljoene vir droogtereaksieplan gesoek

Etlike miljoene vir droogtereaksieplan gesoek

Elvira Hattingh
Die regering kort nog dubbel soveel geld as wat tans vir die nasionale droogtehulpplan beskikbaar is.

Die kantoor van die eerste minister het die rergering se droogtereaksieplan pas aan die media, asook die diplomatieke korps bekend gemaak, waarin aangedui word nog N$272 miljoen word vir landbou- en voedselbystand benodig.

Slegs sowat N$301 miljoen is tans beskikbaar van die N$573 miljoen wat vereis word.

Boonop sê die regering ‘n bykomende N$196 miljoen word benodig, onder meer om boorgatwater beskikbaar te maak, siektewaarneming te versterk, sekere gesondheidsprogramme van stapel te stuur en om terapeutiese en bykomende voeding vir jong, wangevoede kinders en swanger vroue beskikbaar te maak.

Tot dusver is net N$2,8 miljoen hiervoor beskikbaar.

Dit beteken dat in totaal word nog sowat N$468 miljoen benodig.

Tydens ’n vergadering vanoggend tussen die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, en die diplomatieke korps, het Algerië aangedui hy gaan U$D250 000 aan Namibië se droogtebystandprogram skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!