Etosha-brand eis 253 400 ha
Die omgewingsministerie het gister die besluit geneem om die brand wat sowat ’n week lank in die Etosha Nasionale Park woed, te blus.
Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2 geëis, terwyl brandbestryders gister begin was om die brand te blus. Dit is gelykstaande aan 253 400 ha.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het gister aan Republikein gesê die vuur is aanvanklik in die park toegelaat omdat die spesifieke gebied dit nodig gehad het vir die vernuwing en bestuur van die veld en weiding.
“Daar is egter intussen besluit om dit te smoor en sedert gister (Maandagmiddag) is amptenare besig met die bestryding daarvan,” het Muyunda gesê.
“Daar is brandpaaie met padskrapers geskraap en gister is ook met voorbrande begin. Die brandbestryders is steeds besig met hul werk en ons sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge,” het hy gister aan die media gesê.
Volgens satellietdata het dié reusebrand in die afgelope week reeds sowat 125 km beweeg.
Volgens satellietkaarte was daar teen gistermiddag nog talle aktiewe vure in die Namutoni- en Halali-gebied, met groot stukke veld wat reeds hier afgebrand het.
Volgens die data het die vuur skynbaar telkemale teen die Etosha-pan doodgeloop.
Regstreekse satellietfoto’s van Advanced Fire Information System (Afis) het egter aangedui aktiewe brande was besig om vinnig nader aan Okaukuejo te beweeg. Terselfdertyd was die meeste brande suid tot suidoos van Namutoni reeds geblus.
NINA-OMGEWING
In die Nina-omgewing is ’n reusebrand klaarblyklik onder beheer nadat brandbestryders Sondag ’n moeilike, lang nag sonder enige slaap gehad het, het mnr. Fritz Kaufmann gistermiddag aan Republikein gesê.
Hy sê dit volg nadat omtrent 85% van sy swaer, mnr. Gerhard Maritz se plaas Josephine, afgebrand het. Die plaas is sowat 135 km vanaf Windhoek geleë.
“Dit brand nou weer op die buurplaas, Skietberg. Die winde is tans ook baie sterk, maar ons hoop om die brand nou finaal onder beheer te bring en het ’n klomp mense wat ons kan help,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die brandbestryders “moeg is” omdat hulle nie kan slaap nie en boonop in die nagtelike ure masjiene, wat grondverskuiwingstoerusting insluit, aan die gang moes kry om gras en bos voor die brand skoon te maak.
Hy sê die brand het Saterdag uit Witvlei se rigting gekom en is vermoedelik deur kolebranders veroorsaak.
Volgens Afis was talle brande in die Nina-omgewing teen gistermiddag nog aktief en het dit reeds van oos na wes oor sowat 25 km beweeg.
ANDER BRANDE
Afis het gewys dat aktiewe vure gister ook in die Kavango-Oos- en -Wesstreek voorgekom het, asook in die Oshikoto-, Otjozondjupa- en Omahekestreek.
Volgens dié inligting is talle veldbrande geblus wat die afgelope dae in die omgewing van Grootfontein, Otjiwarongo, Tsumkwe, Rundu, Otjombinde en Steinhausen voorgekom het, maar volgens satellietdata was daar nie enige aktiewe brande gistermiddag hier nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie