Etosha is regtig diep in die nood
GEREELDE PARKGANGER SKRYF:
Nadat ek die artikel “Privaat sektor wil Etosha-paaie gelyk maak” (15 Julie 2019) gelees het, het ek besluit om ons ervaring van Junie verlede jaar met mense te deel.
Ek is hartseer dat ons nie die jaar gegaan het nie - vanweë die omstandighede in Etosha. Ons mag oud wees, maar ons geniet ons land terdeë; veral Etosha. Maar nie meer nie.
Ek is 'n baie groot natuurliefhebber en het ook familie en kennisse wat nie meer kans sien vir Etosha nie. Deur hieroor te praat, wys ons ons gee om.
Ons het verlede jaar ons klagtes onder die bestuur se aandag gebring.
Aan mense wat my in Etosha gevra het waar ek vandaan kom, het ek gesê ek is 'n trotse Namibiër. Maar na 'n paar dae in die park het ek gevoel dat ek dit nie meer kan sê nie.Ek het my eintlik soms geskaam.
ONS REIS
Ons bespreking was vir drie nagte in Okaukuejo, vandaar drie nagte in Dolomite, weer vier nagte in Okaukuejo en drie nagte in Halali. 'n Totaal van 13 nagte in die park.
Okaukuejo se chalet was baie netjies en alles was reg, maar o! Die paaie was ongelooflik sleg. Dit was ooglopend dat daar na die reën glad nie aan die paaie gewerk was nie. Diep slaggate en baie moddergate. Selfs 'n miershoop midde in die pad.
By die watergate is 'n kennisgewing om stil te wees. Dan kan jy mos die geluide van die diere hoor en die stilte van ons besonderse land geniet.
Maar naweke (van Vrydagaande tot Sondae) het die plaaslike kinders baie geraas. Ek verstaan hulle wil graag speel, maar kan daar nie vir hulle 'n spesiale plek gegee word verder van die watergat af nie? Ander besoekers het ook gekla daaroor.
Onthou: ek noem hierdie dinge in belang vir ons land en toerisme en die park.
Ook die toeriste het gekla oor die toestand van die paaie. Ek gesels graag met mense en luister na hulle ervaringe en wat hulle dink van ons land. Toe kom ons eie ondervinding.
NA DOLOMITE
Van Dolomite geopen is, was ons elke jaar daar, behalwe in 2016.
Ons was opgewonde, want dit is ons gunsteling plek in Etosha en ons het al die mooiste dinge daar beleef. Ons ry altyd via Olifantsrus en drink daar ietsie. Die meisie wat daar werk het ons dadelik herken en vriendelik gegroet en lekker met ons gesels.
Maar die pad tussen Okaukuejo en Dolomite was eers 'n ramp.
Ons sien 'n padskraper by Olifantsrus staan en vra hoekom word die paaie nie geskraap nie. Antwoord: daar's geen brandstof nie.
My man sê steeds hy kon niks geniet van daardie stuk (200 km) nie omdat hy die pad moes dophou vir slaggate en om slegte dele mis te ry. Ons hoor toe 'n snaakse geluid onder ons voertuig. Ons is bekommerd, want ons kan mos nie gaan staan êrens langs die pad nie. Ons ry tot by Dolomite en daar wag nog 'n verrassing.
'n Land Cruiser kom haal ons by ons voertuig en by ontvangs word ons ingelig ons moet self na ons kamer stap. Omdat ons al soveel keer daar was, weet ons presies wat op ons wag en sien nie kans daarvoor nie. My man is 80 en ek 75, met 'n onlangse knievervanging. Hulle bied aan om ons kamer toe te vat nadat al die gaste se bagasie by hul kamers afgelaai is.
Ek klim die trappe tot by ontvangs om in te boek en al die trappe weer af waar my man op 'n klip sit en wag. Ons wag presies een en 'n half uur en kom eers amper donker by ons kamer. Ons mis die eerste aand se sonsondergang.
Van die drie gholfkarretjies wat daar staan, werk nie een nie. Al die toeriste moes per voet na hulle kamers, teen die prys wat ons betaal? Vir my is dit onaanvaarbaar.
VLERKE GEKNIP
Ons kon nie baie rondry nie omdat ons bang was vir die slegte paaie.
Daar was niks verkeerd met ons voertuig voor ons in Etosha aangekom het nie, maar die slegte paaie het ons uitmekaar gerammel. Ons moes maar naby die watergate rondom die kamp hou.
Ons erken die personeel was baie gaaf en ons is soos ou vriende begroet.
Nou moet ons terug na Okaukuejo, maar my man sien nie kans vir nog meer skade aan sy voertuig nie. Op aanbeveling gaan ons by die Carlton-hek uit, omdat die pad glo beter was, maar ons kon maar liewerste die pad terug geneem het deur die park. Daardie pad was net so sleg, indien nie slegter nie.
Ons ry via Kamanjab en Outjo na Okaukuejo met die teerpad, maar gebruik daarvoor heelwat meer brandstof.
Vir vier dae sit ons maar by Okaukuejo se watergat; te bang om ver te ry.
Halali is die volgende op ons lys. Die eerste aand wat ons na bo toe stap om daar by die uitkykpunt te sit het ek lelik oor daardie klippe geval. Selfs die bobbejane het kieries nodig vir daardie pad, het my man gespot.
Ook daar was die paaie swak.
ONS SKADE
By die huis gekom, het ons die voertuig ingegee vir reparasies. Die onderdele moes vanuit SA kom.
Dit het vir my geklink of die “ball joints” gebreek het, maar ek is maar 'n ou ouma en weet niks van voertuie nie.
Ons het meer as N$22 000 vir die 13 dae betaal, plus die skade aan ons voertuig (net die aanvanklike koste was N$5 000) en ekstra brandstof. Ons het besluit ons sal Etosha nie weer besoek voor die paaie reggemaak is nie. Maar hoe sal ons dit weet?
Ek is hartseer.
Ons was so lief vir die deel van ons land en gaan dit baie mis.
Wat wel baie mooi was en dit het ons geniet, is die wild. So daar is daarom iets positief.
Een van die gaste het raad gegee: Jy kom net Etosha toe met 'n gehuurde kar of met jou pa se kar, maar beslis nie met jou eie nie.
Ek sluit foto's van sekere ondervindinge van die pad in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie