Etosha-ollie met strik gevind
Francoise Steynberg – ’n Olifantjie wat Sondag met ’n kabelstrik om die voorbeen naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gewaar is, sal vandag van haar ellende verlos en behandel word.
Dit volg na mnr. Jaco Schutte wat naby Etosha boer, die erg beseerde olifantjie Sondag in Etosha gesien het.
“Ons het sowat 3 km vanaf die Namutoni-hek drie olifantkoeie met kalwers gekry wat water by ’n stukkende waterpyp langs die pad drink. Een kalf het ’n strik om die regtervoorbeen se knie gehad en die been lyk baie sleg en geswel,” het Schutte op Facebook geskryf.
“Die strik sit beslis al ’n geruime tyd daar en het al in die vleis begin insny. Mens kan sien die kalf het baie pyn en die ma is baie aggressief.”
Schutte het gister aan Republikein gesê hy het Sondag die voorval drie keer by beamptes in Etosha gerapporteer en dit is wel opgevolg.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het Maandag bevestig die voorval is by ministeriebeamptes gerapporteer.
“’n Span onder leiding van ’n veearts het met ’n helikopter oor die gebied gevlieg waar die olifantkalf gewaar is,” het Muyunda Maandag gesê.
“Die span het oor drie troppe olifante gevlieg om die kalf met die strik te vind, maar was onsuksesvol.”
Muyunda sê ’n kruppel kalf met krapmerke op die been, maar sonder ’n strik, is wel gevind.
“Ons vermoed die strik het afgekom..”
Schutte het gesê daardie strik kon beslis nie vanself van die olifantjie se been afgekom het nie, “want dit kan duidelik op my foto’s gesien word dat dit diep in die been ingesny is”.
Muyunda het laat gistermiddag laat weet die flapoortjie is gevind en sal vandag verdoof en behandel word.
STRIKKE IN ETOSHA
Draadstrikke in Etosha – Namibië se vlagskippark – is ’n euwel. Me. Beate von Dewitz het op 14 September ’n hiëna met ’n draadstrik by Klein Namutoni-watergat afgeneem en gerapporteer.
Op ‘n vraag van Republikein aan Muyunda waarom daar nog steeds draadstrikke in Etosha is, het hy geantwoord die strikke word onwettig deur mense in die park gestel.
“Dit is een van die uitdagings wat ons probeer oorkom.”
Muyunda sê nog ’n voorval van ’n beseerde renoster in Etosha is aan die ministerie gerapporteer.
“Die veearts het die renoster behandel en onthoring,” het Muyunda gesê.
Hy doen ’n beroep op besoekers in die park om voorvalle by hul kantoor te rapporteer of (067) 229 854 te skakel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie