Etosha se paaie geskraap
Dit kos N$1 000 per uur om een stootskraper op die pad te hou.
Tanja Bause - Die private inisiatief om die netwerk paaie in die Etosha Nasionale Park te skraap, het gister afgeskop.
Die projek is deur mnr. Chris Theron in die lewe geroep, nadat sommige van die paaie in die gewilde toeristebestemming vier jaar laas geskraap is.
“Ons het Maandagaand 'n toetsstrook gedoen. Dinsdagaand trek ons weg en teen vanoggend sal ons reeds 74 km verder by Halali wees. Ons skraap in die nag om nie die toeriste en die verkeer in die dag in die park te benadeel nie,” het Theron gesê.
“Ons is 'n goeie span en ek voorsien geen probleme om die padnetwerk van sowat 400 kilometer binne 'n maand te skraap nie. Ons het masjiene en hulp uit Outjo, Otjiwarongo, Windhoek en Tsumeb ontvang,” het hy gesê.
“Mense in die park is positief. Ek dink hulle kry baie probleme met mense wat ongelukkig oor die toestand van die paaie is. Nou sien hulle daar word aan die probleem gewerk en het hul houding verander. Hulle is positief en wil ook help.”
“Baie mense het getwyfel dat die projek van die grond af sal kom, maar hier is ons en die eerste kilometers sal teen Woensdag geskraap wees.”
Op sosiale media het mnr. Fritz Kaufmann van ISAP ook sy gewig agter die projek gegooi.
“Dit sal goed wees om 'n paar toerismemaatskappye te sien wat die N$1 000 per uur-projek sal ondersteun. Kontak my as julle belang stel,” het hy geskryf.
Mnr. Barrie Blom het 'n oproep op elke Namibiër gedoen wat 'n hart vir die land het om N$100 vir die projek by te dra.
“Daar is soveel uitgawes wat aangegaan word vir die paaie. Baie dankie aan elkeen wat 'n aand se 'brannas' gaan opoffer en die geld vir hierdie projek gaan gee,” het hy geskryf.
Hoewel die projek goed op dreef is, is daar steeds finansiering nodig. Vanaf gister het tien padskrapers begin om snags tussen 80 en 100 kilometer te skraap. Een skraper loop teen 'n tarief van N$1 000 per uur.
Mense wat graag die projek wil ondersteun, kan vir Theron by 081 241 8376 of vir mnr. Nick Putter by 081 124 9953 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie