Etosha-veldbrand steeds nie geblus
Die veldbrand wat die Etosha Nasionale Park verlede Sondag vanaf ’n kommersiële boerderygebied aan die oostekant inbeweeg het, is ’n week later steeds aktief.
Volgens ’n gasteplaaseienaar in die omgewing het die veldbrand suid van Namutoni na die park versprei en reeds 70 kilometer verder tot anderkant Halali gevorder.
Die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Colgar Sikopo, het belangegroepe verseker dat die brand onder beheer is.
“Ons het ’n padskraper op die toneel om nuwe brandpaaie te maak soos dit nodig is. Daar is ook ’n vliegtuig wat die gebied vanuit die lug monitor en met die span op die grond kommunikeer.”
Die satellietfoto van Advanced Fire Information System (AFIS) wys hoe die brand omstreeks 10:00 vanoggend gelyk het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie